Sharks se asems het opgeraak

2012-08-04 23:16

Die Sharks JP Pieterson en Keegan Daniel is gister in Hamilton te laat om die vlieënde Tim Nanai-Williams van hul doellyn weg te hou. | Foto: Simon Watts/Getty

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Vir sowat ’n kwartier kon ’n mens se hart jou nog wysmaak die Sharks kan ’n haas uit die hoed haal in die Superrugby-eindstryd in Hamilton – maar daarna was dit duidelik hul gô was op pad uit.

Die skade ten gunste van die Chiefs was eindelik 37-6. En ’n mens kan nie daarteen stry nie, al kan die besoekers duidelike vlugflouheid en in ’n mindere mate die fluitjie van Steve Walsh as versagtende omstandighede aanvoer.

Sake het bemoedigend afgeskop vir die Durbaniete toe JP Pietersen die bal in die Chiefs-kwartgebied uitgeskop en Ryan Kankowski die lynstaanbal gesteel het. Vir die volgende 15 minute het hulle die tuisspan laat bontstaan, maar dié het dodelik verdedig.

Vir al die druk wat hulle in dié tydperk toegepas het, het die Sharks net ’n skrale driepunt-beloning gekry en, met sowat ’n uur speeltyd oor, was die skrif reeds aan die muur.

Soos die gevolge van die afgelope paar weke se harde rugby ál duideliker begin blyk het, het die Chiefs die skroewe ál stywer gedraai en nooit weer gelyk asof hulle die wedstryd kan verloor nie.

By die afbreekpunte het hulle beheer verkry – en dit was lank voor rustyd reeds duidelik watter span meer energie vir die hele gedoente het. Met die Sharks gevolglik nie in staat om duike in die voordeellyn te drywe nie, moes hulle naderhand noodgedwonge onbelowende besit na die punte probeer skuif.

Dít het hulle ook niks gebaat nie, want die Chiefs-agterspelers het hulle vlak ingewag en die tande van enige moontlike aanval getrek. Die skrum, gewoonlik ’n toevlug vir die sterk Sharks-pak, het ook g’n heil vir hulle ingehou nie.

Dit help nie om daarvan weg te skram dat die formaat van die toernooi dié uiteinde haas onvermydelik gemaak het nie. In die toekoms kan Sanzar hopelik ’n week blaaskans voor die eindstryd reël, maar dit behoort nie afbreuk daaraan te doen dat die Chiefs waardige kampioene is nie.

Die swak begin wat die Piesangboere aan die kompetisie gemaak het, het hulle eindelik geknak, terwyl ander aanspraakmakers soos die Stormers en die Crusaders in die pylvak aan die kaak gestel is.

Net die Chiefs, wyd en syd afgeskryf vóór die kompetisie, was deurgaans op hul koppe en niemand kan beswaar aanteken teen die soort rugby waarmee hulle die beker gewen het nie.

Dis inderdaad ’n verligting dat die twee spanne wat die aanskoulikste rugby in dié soms saaie kompetisie opgedis het, die eindstryd gehaal het. Hopelik laat dit aanstaande jaar die horde skop-en-storm smouse van die meeste ander streke besin.

Gister was die flank Liam Messam waarskynlik weer die keur onder die Mooloo-manne. In ’n span wat man en muis hul jisse afgewerk het, het sy ywer nietemin uitgestaan. En vir diegene wat smag na ’n kwesbare Carter-lose All Blacks, is die slegte nuus dat Aaron Cruden sommer klaar gereed lyk om dié losskakel se toks vol te staan.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
27 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 10-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-18°C Sunny. Mild. Bfn: 4-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 14-26°C Sunny. Mild. PE: 15-21°C Afternoon clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.