Sharks swéét

2012-07-15 00:01

Keegan Daniel word omhels ná sy drie gister in Durban. | Foto: STEVE HAAG/GALLO IMAGES

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Op hul beste is die Sharks waarskynlik die voorste rugbyspan in die land, maar hul wisselvalligheid het hulle vanjaar plek-plek duur te staan gekom.

Gister het hulle die Cheetahs met 34-15 geklop om ’n plek in die kwarteindronde van Super-rugby te beklink. Dit klink dalk maklik, maar dit het bloedsweet geverg.

Eers ná ’n uur kon die Sharks-ondersteuners effens agteroor sit in die wete dat hul span die vereiste vyfpunt-voorsprong bewerkstellig het om te verdedig.

Dit het gevolg op ’n skitterlopie van JP Pietersen, wat die Cheetah-verdediging oopgevlek en die laaste van die besoekers getrek het voordat hy Charl McLeod met ’n parmantige dwarsskoppie aan die buitekant gevind het.

En die Bok-vleuel, deesdae in die beste vorm van sy indrukwekkende loopbaan, het kort daarna onder ’n hangskop van Frederic Michalak ingenael en ore platgetrek voordat hy Marcell Coetzee aan sy buitekant gevind het om die nuwe Bok-flank deur ’n gaping te stuur om die kussing effens sagter te maak.

Maar rustyd was daar maar min hoop vir die Sharks.

Geknelter deur die laat onttrekking van Beast Mtawarira, wat met maaggriep gesukkel het, is die bielie-reserwes Bismarck du Plessis en Willem Alberts eindelik so gou doenlik op die veld gestuur om ’n krisis te probeer ontlont.

Vyf strafdoele vir die Cheetahs klink dalk nie na die einde van die wêreld nie, maar dit het nege punte meer gelewer as die twee wat die Sharks in dieselfde tyd oorgeskop het. En die prominentste speler op die veld was so ’n korterige flank met ’n oranje skrumpet. Kyk, daar is manne wat Heirich Brüssow se grootte teen hom hou, maar dié is oorwegend manne wat glo in ’n enkele, korrekte styl van rugby.

Daar is heelparty regte én verkeerde maniere om rugby te speel, maar Brüssow sorteer feitlik altyd onder eersgenoemde groep – en gister het hy die tuisspan gekasty voordat hy met die draaislag beseer van die veld is.

Sy afwesigheid het seker iets daarmee uit te waai gehad dat die Sharks skielik die skroewe kon begin indraai.

Eindelik was daar ’n noemenswaardige platform en die agterspelers het die sjarme-knoppie aangeskakel.

Heen en weer reis oor die Indiese Oseaan maak hul kans om die louere in te oes bra bedenklik, maar as die Sharks oor die volgende paar naweke 240 minute van die gehalte van gister se laaste 20 kan lewer, gaan niemand lus wees om teen hulle te speel nie.

* Punte: Sharks 34 (6): Drieë: Keegan Daniel, Charl McLeod, Marcell Coetzee, Ryan Kankowski. Doelskoppe: Frederic Michalak (4). Strafdoele: Michalak (2).
Cheetahs 15 (15): Strafdoele: ­Riaan Smit (5).

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Rugby-kommentaar

Griffon Pheiffer sê... Stem saam Raymond. Mol kan gerus sy bek hou! Hy het altyd baie te sê as dit by anderskleuriges kom. Wie is hy om te sê Dimingo is nie die regte man vir die job nie! En dan laat Rapport nog sulke snert toe! Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 17-23°C Sunny. Mild. Pta: 9-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-16°C Morning clouds. Cool. Bfn: 7-20°C Morning clouds. Mild.
Dbn: 15-25°C Sunny. Mild. PE: 14-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.