So lyk Bok-rugby

2012-09-29 23:25

Met Kane Douglas wat net verslae kan toekyk, storm die Bok-agtsteman Duane Vermeulen gister vorentoe. | Foto: DEAAN VIVIER

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Selfs die geliefde Corrie Sanders, vir wie Loftus gister voor-af vlugtig stil was, sou inskiklik vir dié uitklophou geknik het.

Terug tuis was die Bok-span gister geen grap nie – en met ’n spesiale Bryan Habana-driekuns het hulle Robbie Deans se versukkelde Wallabies vir ’n slag weer ernstig gebêre.

Net soos dit hoort hier op die Bok se Hoëveld-heiligdom.

’n Linker voor rustyd en ’n sterker regter daarna. Op 31-8 het die Aussies vir moeggepraat op die sitvlak gevoel én die Bokke aan ’n bonuspunt-sege begin smul.

Nog voor die omdraaislag was die Aussie-senter Adam Ashley-Cooper létterlik kats-wink geloop toe Zane Kirchner die tweede drie wou druk.

Dié was toe nie ’n drie nie – een van ’n paar kanse wat verlore gegaan het om die rustyd-voorsprong op net 14-3 te los.

Dié verspeelde kanse en nog stelskop-sondes het die Aussie-skade op die dag streng beperk.

Maar as jou arsenaal op die aanval gelaai is, is dit nie nodig om agterna die stelskopper te braai nie.

Toe die losskakel-debutant Johan Goosen sy tweede stelskop vroeg in die wedstryd skeeftrek, is daar vir ’n oomblik oor dié waagstuk gewonder...

Ja, een kêrel op die pawiljoen, met agterdogtige skuim in sy Powerade-bottel, het selfs orent gekom om te roep: “Waar’s Morné”?

Goosen se nukke met die mikke was gou vergete toe hy begin doen het wat daar voor gevra is – oorslaan-aangeë, gapings en alles meer wat vindingryk is.

Só ’n houding is aansteeklik. Hoe vindingryk was Bryan Habana se tweede drie in die tweede helfte nie!

Net so ’n bietjie meer as met sy eerste voor rustyd, toe Ruan Pienaar se aangee uit die duikslag ná goeie fasespel vir Habana oorgestuur het.

Goeie balbesit is positief aangewend.

Werklik!

So ook toe Kirchner vroeër Suid-Afrika se eerste drie gedruk het. Weer het Ashley-Cooper hom vergeefs probeer keer.

Teen die tyd wat Habana sy voormalige tuisveld met ’n derde juweel van plesier laat kreun het, was alles al vergeefs vir Nathan Sharpe se futlose manskappe.

Dié Bok-blits het hul dronk gehol, Francois Louw het die losstryd verreweg gewen en Eben Etzebeth het Sharpe dié keer in alle afdelings laat huil sonder om eers met sy kop na hom te mik.

Die Bok-breier, Heyneke Meyer, weet sy jong agttal is gister regoor hul teenstanders.

Só gemaklik het die tuisspan galop dat splinterboude soos Pat Lambie en Elton Jantjies selfs speelkans gekry het.

Toe Mike Harris na die einde se kant toe die Australiërs se troosdrie druk en die doelskop vlieg links verby, was dit ook net reg so.

Want gister het die Wallabies so wragtiewaar nie dubbelsyfers verdien nie.

Hulle is goed gelooi.

En om eerlik te wees, die Bokke kon die Wallaby-velle eintlik geheel en al afgetrek het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
18 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 15-24°C More sun than clouds. Mild. Pta: 10-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-18°C Sunny. Mild. Bfn: 6-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 14-26°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Validation Pharmacists

Johannesburg
Hire Resolve
R300 - R420

Mine Planning Superintendent

Kwazulu-Natal
Express Employment Services CC
Market Related

Sales Administrator

Johannesburg
Wayermann Sales Recruitment
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.