Soos visse in water

2012-10-20 23:37

Die kleine Cobus Reinach, skrumskakel van die Haaie, smeer Arno Botha (nat) gras toe. | Foto: CHRISTIAAN KOTZE

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

'n Haai is veel meer tuis in die water as ’n Bul.

Dít is Saterdagrmiddag op Kingspark onteenseglik bewys, toe die Haaie die derde agtereenvolgende jaar tot die Curriebeker-eindstryd deurgedring het met ’n sege van 20-3 oor die Blou Bulle.

En daardie eindstryd is eerskomende Saterdag hier in die Haaitenk.

Die Bulle was nooit eers in hierdie wedstryd nie – en hul sege oor ’n gelapte Leeus om die halfeindstryd te haal, was eintlik niks meer as net ’n riemtelegram wat vals seine aan hul ondersteuners uitgestuur het nie. Hier in die Haaitenk was die Pretorianers gister heeltemal uit hul diepte in nat en gure toestande.

Die Bulle, wat die heeltyd op wankerige bene was, is sewe minute voor die einde die doodskoot toegedien toe Lwazi Mvovo die enigste drie van die wedstryd gedruk het.

Dit was hoegenaamd nie ’n klassieke kragmeting nie, maar die Haaie het deurgaans oorheers, met veral die heelagter, Louis Ludik, briljant.

Ludik het die Bulle se Springbok-heelagter, Zane Kirchner, heeltemal oorskadu en was sekuur onder die hoë bal en ook telkens prominent wanneer daar aangeval is.

Die haker Kyle Cooper was ook soos ’n rubberballetjie wat oral rondgebons het om die Bulle se middag verder te ontsier.

Die grootste deel van die eerste helfte het in die Bulle se halfgebied afgespeel, met die besoekers wat nie een keer daarin kon slaag om in die Haaie se kwartgebied te kom nie.

Met die bal wat so glibberig soos ’n mangopit was, is hanteerwerk bemoeilik, maar dit het die Haaie nie ontmoedig om dit wyd te speel nie.

In wat hoofsaaklik ’n skopstryd was, het Pat Lambie die eerste punte in die 21ste minuut aangeteken toe die Bulle se skrumskakel, Jano Vermaak, onkant betrap is.

Dinge het ook nie beter geraak vir die Bulle nie, met hul loskopstut, Morné Mellet, wat in die 29ste minuut koelkas toe gejaag is. Mellet het Lambie gepootjie ná die jong losskakel ’n lugskoppie agter die Bulle se verdedigers laat grondvat het.

Die skeidsregter, Mark Lawrence, se fluitjie het ongelukkig voortydig geskril, want die bal is in die doelgebied toegeval en die Haaie is van ’n drie beroof.

Tot Lawrence se krediet het hy dadelik ’n verskoning aangebied. Lambie het komkommerkoel opgestaan om die voorsprong te rek met sy tweede strafdoel.

Terwyl Mellet van die veld was, het die tuisspan nóg ’n strafskop behaal om met 9-0 voor te loop.

Die Haaie se lugskoppe was veel meer akkuraat as die Bulle s’n.

Dít was ’n afdeling van die spel waarmee Morné Steyn gesukkel het – en hy kon nooit dieselfde druk uitoefen as die Haaie se skoppers nie.

Sy span se dissipline het boonop gelol en hulle het ná die draaislag nege strafskoppe in ’n ry afgestaan – waarvan die negende Lambie die kans gegee om sy span se voorsprong tot 12 punte te rek.

Die Haaie het uiteindelik elf strafskoppe in ’n ry gekry, voordat die Bulle maar net hul tweede kon ontvang.

Die wedstryd was net meer as ’n uur oud toe Morné Steyn die eerste keer kon aanlê pale toe en die Bulle se rekening open. Maar dit was die laaste vreugde vir die span van Pretoria – en dit was toe reeds duidelik dat hulle aanstaande week se eindstryd van hul rusbanke sou volg.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
36 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Sunny. Mild. Bfn: 4-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 13-26°C Sunny. Mild. PE: 16-21°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Accountant

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Group Accountant

East Rand
Communicate Cape Town IT
Market Related

Group Accountant

East Rand
Communicate Cape Town IT
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.