Stormers en WP-rugbybase glo in geld-twis

2012-05-05 23:26

Die Stormers-spelers en die Westelike Provinsie Rugbyunie is skynbaar in ’n geldtwis gewikkel.

Volgens Rapport se bronne is die Stormers-spelers ongelukkig omdat die unie hulle kleiner wedstrydgeld en wenbonusse betaal as wat deur die Suid-Afrikaanse Rugbyspelersvereniging (Sarpa) se jongste kollektiewe ooreenkoms met die Suid-Afrikaanse Rugby-werkgewersorganisasie (Sareo) bepaal word.

Volgens dié nuwe ooreenkoms is spelers geregtig op wedstrydgeld van R3 000 per wedstryd, asook wenbonusse van R3 000.

Die WP betaal glo die Stormers-spelers slegs R2 000 per wedstryd en dieselfde vir seges wat die span behaal.

Wedstrydgeld en wenbonusse is betaalbaar aan elkeen in die 22-tal vir ’n betrokke wedstryd. Wanneer spanne oorsee is, word die hele toergroep vergoed.

Na verneem word, het die Stormers-spelers ’n vergadering vir môre met die besturende direkteur van WP Rugby (Edms.) Bpk., Rob Wagner, belê.

Ofskoon die geskil nog nie ’n volskaalse krisis is nie, het die spelers hulle na Sarpa gewend om die geskil namens hulle by te lê.

Sarpa se uitvoerende hoof, Piet Heymans, wou hom nie gister uitlaat oor die twis nie: “Ons wil nie enige kommentaar lewer nie. Ek dra kennis van die kwessie, maar hopelik kan dit intern opgelos word.”

Wagner het dit gistermiddag betwis dat die WP enige geld aan die Stormers-spelers verskuldig is en hulle te min betaal.

“Dis ’n verkeerde aanname. Ons het ’n ander kontrak? met die spelers,” het Wagner aan Rapport gesê.

Die Stormers het dié naweek ’n loslootjie gehad en hervat hul Super-veldtog Saterdag wanneer hulle op Nuweland met die Cheetahs kragte meet.

Hulle is Vrydag deur die Bulls as die voorste Suid-Afrikaanse span in die Super-reeks onttroon en sal die komende naweek ’n volle vyf punte teen die Vrystaters wil inoes om die druk op die Pretorianers te hou in hul strewe om regstreeks vir die halfeindronde van die kompetisie te kwalifiseer.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
52 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C Sunny. Mild. Pta: 12-23°C Mostly sunny. Mild.
Jhb: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 4-22°C Sunny. Mild.
Dbn: 17-24°C Haze. Mild. PE: 13-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Internal Auditor

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Financial Manager

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Financial Manager

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.