Stormers hou duim vas oud-Blou blits herwin spelpeil

2012-01-07 23:10

Gerhard van den Heever. Foto: Christiaan Kotze

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Winskopie – of ’n bul in die Stormers se drinkwater?

Gerhard van den Heever, wie in 2010 nog as ’n ernstige kandidaat vir ’n Springbok-trui beskou is, sal in die volgende maand of twee dáárdie vraag met sy praatwerk op die veld moet beantwoord.

Dié 22-jarige vleuel was om ’n paar redes vir die Westelike Provinsie ’n omstrede aanwins. Eerstens het hy 72 eersterangse wedstryde in ’n ligbou-trui gespeel – en Kapenaars hou nie van daardie kleur nie.

Dan is daar die kwessie van waar die WP se prioriteite lê in terme van kontraktering. Van den Heever en Joe Pietersen is onder die aanwinste, terwyl ’n nuwe kontrak van drie jaar aan Bryan Habana toegeken is.

Twee Springbok-voorspelers – CJ van der Linde en Francois Louw – het saam met Jaque Fourie, Johann Sadie en JJ Engelbrecht die pad gevat. Moes die WP, benewens Deon Carstens, nie maar eerder na nog ’n stut gekyk het nie?

Daardie besluite is egter nie Van den Heever s’n nie en dalk sal die Stormers se ondersteuners positief oor die saak voel as daar na sy statistieke gekyk word. Hy het in sy 72 eersterangse wedstryde in Pretoria 31 drieë gedruk.

As jy vir die WP vra wat die plan met Van den Heever is, sal jy die antwoord kry dat hy óók kan heelagter speel.

Die laaste vesting behoort egter deur Pietersen of Gio Aplon beman te word. Van den Heever het immers net twee van sy 72 eersterangse wedstryde as heelagter begin.

Sy buiging in Superrugby was, ironies genoeg, teen die Stormers in die “Luke Watson-wedstryd” op Loftus in 2009.

Watson, wie met baniere en ’n doodsdreigement begroet is vir ’n paar lelike uitlatings, het tot groot ontsteltenis van die skare Van den Heever se trui oor sy kop getrek, nadat die Blou Bul-vleuel hom langs die kantlyn probeer karnuffel het.

Maar tyd genees sulke wonde – en Van den Heever moet nou maar in ’n Streeptrui gaffel.

Sy groot jaar was 2010 toe hy vir die Bulls 8 drieë in 13 wedstryde gedruk het. Verlede jaar was daar ’n insinking – 3 in 14.

Dis egter op veel meer as sy drieërekord wat Van den Heever in die Kaap beoordeel sal word. Kan hy sy werkverrigting op dieselfde vlak as Bryan Habana kry en weer die spelpeil van 2 seisoene gelede herwin?

Vir die WP is daar is ook die voordeel dat hy gereeld in die Curriebeker sal speel en daar dus in meer as een toernooi waarde ontgin sal word.

Hopelik vir die Stormers is “Shadow” nie meer ’n skadu van die speler wat hy in 2010 was nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 139,995.00

NISSAN

Sabre 160 GX 5-dr
1996
R 40,000.00

TOYOTA

Landcruiser PU 4x4 Dsl
2005
R 225,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.