Stormers op die SA kruin

2012-07-07 22:46

Lappies Labuschagne en Jean de Villiers veg gister in Bloemfontein om besit van die ontwykende bal.| Foto: Gallo Images

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Wéér kampioene van die Suid-Afrikaanse Super-groep – én soos sake staan, ’n enkele ligapunt daarvan weg om seker te wees van ’n tuis-halfeindstryd op Nuweland.

Gister se Stormers-sege van 13-6 oor die Cheetahs hier in gure weersomstandighede was wéér nie skouspelagtig nie, maar ná 13 sulkes is die Kaap weer Hollands.

Dis in elk geval nie vandag húlle wat vrae oor lelike rugby moet beantwoord nie. Daardie aantyging moet voor die deur van die Cheetahs gelê word, wat soveel geskop het dat Bloemfontein Celtic straks in Riaan Smit se dienste gaan belangstel.

Die Cheetahs se afrigter, Naka Drotské, het straks vooraf die sommetjie gemaak dat dit nie deug om die bal deurentyd teen die Stormers te dra nie – en sy span se skoptaktiek gister was dieselfde taktiek wat die Stormers vroeër dié seisoen op Nuweland uit hul gemaksone gehaal het.

Vir ’n rukkie het die Cheetahs die stryd om veldgebied gewen en kon die Stormers nie hul ritme vind nie. Die besoekers het ook in die eerste helfte hul eerste twee lynstane verloor.

Maar die Stormers het mettertyd beheer oorgeneem en Peter Grant se stewel het eerste gepraat, voordat Smit geantwoord het.

Die rustydtelling van 3-elk het die Cheetahs goed gepas. Wie weet wat kon gebeur as ’n hoë skop in die tweede helfte verkeerd spring?

Die Stormers het egter vanaf die afskop in die tweede helfte die wedstryd aan die kraag gegryp en in die Cheetahs se gebied kamp opgeslaan. Daar was vir die tuisspan mettertyd geen ander opsie as om te oortree nie – en toe Marius Jonker se waarskuwing op dowe ore val, het Willie le Roux die trekpas gekry nadat hy uit desperaatheid ’n aangee vorentoe geklap het.

Grant is aangesê om pale toe te korrel, maar ná sy suksesvolle poging het die Cheetahs weer ’n weg teruggevind en die telling weer gelykop gemaak danksy Smit se skopstewel.

Die Stormers het besit vanaf die daaropvolgende inskop bewerkstellig en ’n dwarsskoppie van Grant het reggespring vir Gio Aplon, wat deurgedraf het vir wat uiteindelik die beslissende drie was.

In die oorblywende tyd was die Stormers se verdediging soos altyd ondeurdringbaar en hulle kon telkens enige gevaarlike Cheetah-beweging gou-gou smoor en die tuisspan van hul doellyn weghou.

Die vraag is nou of die Stormers goed genoeg toegerus is om vanjaar se Super-toernooi te wen. Wel, as jy kan duik en verdedig soos die Kapenaars én jy het ’n losskakel wat sekuur kan korrel, moet jy ’n redelike goeie kans hê op sukses in enige wedstryd.

Grant het in vanjaar se Super-reeks tot dusver met 39 uit 42 skoppe na die pale geslaag. Dis ’n slaagsyfer van 93%.

Maar Grant doen veel meer as om net skoppe deur die pale te jaag. Hy was gister puik in alle opsigte en het ’n hele paar bresse in die Cheetahs se verdediging geslaan.

Vir hul goeie spel tot dusver dié seisoen is die Stormers gister met ’n trofee as die voorste SA Super-span beloon.

Maar om Suid-Afrika se kampioen te wees, is nie waarna hul streef nie. Konings van die Suidelike Halfrond wil hulle wees.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
57 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Rugby-kommentaar

Franco Vorster sê... nz refs is nog al die jare van die swakste wat jy kry. hul is bias en sal nooit sommer hul nz spanne laat verloor nie. al hoe die kompetisie refverdig sal maak is met noordelike halfrond refs. dis belaglik waarmee nz refs wegkom. maar dit maak nog nie op vir die feit dat die stormers n verleentheid is vir hul onderstueners nie. hul moes ver gewen het met die talent in di span. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 15-23°C Sunny. Mild. Pta: 10-19°C Morning clouds. Mild.
Jhb: 7-15°C Morning clouds. Cool. Bfn: 9-19°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 14-23°C Sunny. Mild. PE: 12-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.