Streep-suiker vir flou Bulle

2012-09-01 23:52

Die Streeptruie se Ederies Arendse (dis sy bene en arms daai) klou gisteraand op Nuweland om lewe en dood aan dié hoë bal, terwyl die Bulle Clayton Blommetjies en Akona Ngundane hom in die lug vaspen.| Foto: YUNUS MUHAMED

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Moeilike tye vra taai manne – en die rugbyspan van die WP het gisteraand hier hul Curriebeker-seisoen klinkend op koers gekry, deur die Blou Bulle met 42-6 af te slag.

Die uitslag was waarskynlik vir amper almal ’n verrassing, met die Pretorianers tot dusver dié seisoen warm en die Streeptruie gereeld aan geluk se verkeerde kant.

Dié keer het hulle die lente ingewy met hul eerste bonuspunt aan drieë van die jaar – en dit kon sweerlik nie meer bevredigend gewees het teen enigiemand anders as die ou Blou aartsvyand nie.

Die besoekers se sondes het voorlangs begin, met die gelapte agttal van die WP wat veel meer uitgerig het as wat enigeen vooraf sou probeer raai.

Só sleg het die Bulle gister hier afgetjop dat dit moeilik is om te glo dat hulle nié oorgerus was nie, maar terselfdertyd kan jy ook nie krediet weerhou van ’n bloedjong WP-span nie.

Hier is ’n paar spelers wat nog diep spore kan trap, soos die senters Marcel Brache en JP du Plessis en die slot/flank Don Armand, maar gisteraand was die onbesonge klein hakertjie Scarra Ntubeni veral die vergestalting van WP-veggees.

Dié oorwinning was, in ander konteks, ewe belangrik vir die Streeptruie as dié wat hul senior kollegas laat in die Super-seisoen op Loftus gaan behaal het.

Daai ene was dalk moeiliker, maar gisteraand het ’n amper totaal nuwe geslag spelers ’n inspuiting selfvertroue gekry wat hulle dalk die res van hul loopbane kan bybly.

Vir die Bulle moes dié ervaring seergemaak het. Dis nie maklik om op Nuweland te kom wen nie, maar om só ’n pak slae op die lyf te loop teen ’n span wat soveel meer probleme deur die week moes oplos, sal nie maklik in enigeen se klere gaan sit nie.

Die Bulle se voorspelers kon g’n platform verskaf nie en is deurgaans in die vaste los oordonder. En hul agterlyn kon nie veel uitrig met krummels nie.

Die WP het ál beter gespeel soos die wedstryd gevorder het – en jy kon voor jou oë sien hoe spelers soos Du Plessis en Ntubeni by mekaar aansteek. Eindelik was die WP waaghalsiger as wat ons hom in ’n paar seisoene gesien het, maar as dinge die dag vir jou werk, wérk hulle.

Dalk was die relatiewe groenheid van die WP die Bulle se doodsteek – die jongelinge speel met minder angs as hul meer senior kollegas – maar hoe dit ookal sy, dié wedstryd het die Curriebeker-kompetisie weer wawyd oopgeruk.

Van tweede laaste op die punteleer het die Streeptruie na tweede opgeskiet.

Curriebeker-rugby is deesdae té uitgedun en afgewater om té veel bestendigheid te verwag van die spanne, maar gisteraand het die WP homself ook aangekondig as ’n span wat vanjaar enige tyd en enige plek kan wen.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
52 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C High level clouds. Mild. Pta: 10-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 5-22°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 16-23°C Morning clouds. Mild. PE: 14-21°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Management accountant

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Management Accountant

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Management Accountant

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.