Treu bly regte man vir Blitse

2013-02-03 00:57

As die Olimpiese Spele in 2016 vir sewesrugby die Beloofde Land verteenwoordig, is Paul Treu moontlik sy mense se Moses.

Die vaderfiguur en pionier, maar terselfdertyd dalk nie die man wat die finale aanslag op Jerigo se mure moet lei nie.

Die Blitsbokke het die afgelope naweek in Wellington net een van hul vyf wedstryde gewen. Hulle het gisteroggend in die kwarteindronde met ’n punt teen Kenia verloor – die einste span wat Nieu-Seeland in die halfeind getroef en in bykomende tyd die eindstryd met 19-24 aan Engeland afgestaan het.

Vir Suid-Afrika was dit ’n droewige spulletjie met ’n magdom spelers op die krukkelys, maar darem ook nie met ’n span wat net 20% van sy wedstryde behoort te wen nie.

Treu se hart het dié naweek vir sy spelers gebloei. Maar aangesien die Blitse in Mei 2011 laas ’n toernooi gewen het, is daar menige mens wat sy kop eis – ’n magdom van hulle is die tipe wat gereeld op nuuswebwerwein pynlik eendimensionele monoloë met hulself betrokke raak – diegene wat meen Treu “weet niks van rugby nie”.

Dít kan nie verder van die waarheid wees nie. Kort nadat sewes in 2009 Olimpiese status verkry het, het Treu die boek The Gold Standard: Building a World-Class Team gekoop – die legendariese basketbalafrigter Mike Krzyzewski se memoires oor sy “Dream Team” se strewe na Olimpiese goud. Volgens hom het ’n span minstens agt jaar nodig om goud te wen – selfs al is jy Amerika en jou sport basketbal.

Alles wat Treu sedertdien gedoen het, was met die oog op 2016. En hy het soms onwillekeurig korttermynsukses opgeoffer vir daardie goue droom.

Sedert hy in 2004 die Blitsbokke begin afrig het, het hy Suid-Afrika ’n pionier in sy sportsoort gemaak. Hy was die eerste afrigter ter wêreld wat spelers sentraal gekontrakteer het, wat skoolkinders gekontrakteer het, en menige van die taktiek en tegniek wat deesdae met vrug teen Suid-Afrika aangewend word, is dinge wat Treu uitgedink en sy span in 2008-’09 die Wêreldkroon en in 2010-’11 die bewondering van die seweswêreld besorg het.

Treu het sy spelers en span nog altyd bo sy eie belange gestel. En wanneer sy kontrak later vanjaar verstryk, sal hy sy toekoms ook uit daardie oogpunt oorweeg.

Maar om venynig te raak oor Suid-Afrika se laaste twee seisoene is wreed. Sake sou byvoorbeeld die afgelope naweek aansienlik beter gelyk het as onlangse Super-rugbyspelers soos Philip Snyman se doelskopwerk nie verby die patetiese was nie. Of as Stephan Dippenaar geduik het. Of as Warren Whiteley gelyk én gespeel het asof hy daar wou wees.

Dit was Frankie Horne, Conral Hendricks en veral Chris Dry wat hul kant gebring het – spelers uit niemandsland wat onder Treu sewesspelers van wêreldgehalte geword het.

Tot voor die naweek was Suid-Afrika statisties die top-span in die meeste fasette van die spel.

Tog skort iets. In afrigting is daar nie altyd ’n reg of verkeerd nie. En Treu-hulle kan regtig nie harder of veel slimmer voorberei as wat hulle reeds doen nie. Maar soms is ’n vars benadering net die stimulasie wat ’n gevestigde wortelstelsel nodig het om weer vrug te stoot.

Dit het dalk tyd geword dat Treu sy staf aan ’n Joshua oorgee. Maar Saru sal ’n reuse-fout begaan as hulle dié besonderse mens en afrigter nie as deel van sy Olimpiese droom behou nie.

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
9 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 14-21°C Sunny. Mild. Pta: 4-19°C Sunny. Mild.
Jhb: 2-14°C Sunny. Cool. Bfn: 1-18°C Sunny. Mild.
Dbn: 9-26°C Sunny. Mild. PE: 8-26°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Tablet Asus Nexus 7'' 3G met 32GB nou R1 999

Kry die Nexus 7”-tablet met Wifi & 3G vir slegs R1 999 en bespaar R500! Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Plaas ’n voorafbestelling vir die Xbox One

Die vermaaksentrum wat jou alles-in-een bied – regstreekse TV, flieks, sosiale netwerke en speletjies. Plaas jou voorafbestelling nou!

Tot 50% afslag op haarsorgprodukte!

Bespaar tot 50% op professionele haarsorgprodukte by kalahari.com. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe e-boeke beskikbaar!

Maak jou gereed vir ’n lekker leeservaring wat e-boeke insluit soos Good Morning, Mr Mandela; Laaste dans, Drienie; Die brug na Haven en nog baie meer. Koop nou!

Hisense Infinity Prime-slimfoon

Bespaar R1 000 op die Hisense Infinity Prime 1-slimfoon. Nou R1 999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Soos gesien op TV – Nuwe gobii-slimfone vanaf R999!

’n Kamera aan die voor- en agterkant, tweeledige SIM-verrigting en 200MB se GRATIS Cell C-data elke maand vir 12 maande, is maar net ’n paar van die eienskappe van dié slimfone. Kry joune nou! Koop hier.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!