Vlugflou? Se voet

2012-07-28 23:29

Bismarck du Plessis omhels sy Sharks-spanmaats ná die eindfluitjie gister op Nuweland.| Foto: Nasief Manie

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Groot applous vir die Sharks!

Hulle is besig om sportwetenskaplikes se name krater te maak. Min kenners oor vlugflouheid sou kon voorsien dat hulle ná hul terugkeer uit Brisbane op Nuweland sou kon wen, maar daar was gister genoeg petrol in die tenk om die Stormers met 26-19 te klop.

Die fisieke intensiteit van dié kragmeting is vroeg uitgebeeld, toe die Stormers-slot Eben Etzebeth die bal opgedra en die ewe intimiderende Bismarck du Plessis op sy rug laat beland het. Dit het ’n man omtrent só geskok soos toe Buster Douglas vir Mike Tyson platgeslaan het, maar die verskil is dat Bissie kon opstaan.

Uiteindelik het die Sharks ook veel meer rondes gewen, met hul skrumkrag, taktiese skopwerk en venyn op die aanval veel beter as die Stormers s’n. Op hul beurt sal Kaapse rugbybase moet oorweeg om ’n kenner nader te trek om die WP en Stormers op die aanval touwys te maak. Hulle het genoeg kanse gehad, maar in die eerste helfte alleen ’n stuk of vier op die aanval verbeur met swak opsies en uitvoering.

Die Sharks het hul sterker skrum goed aangewend, met die Stormers wat op hulle eie bal tot oorgawe geskrum is en die strafskop afgestaan het waarmee Fred Michalak die eerste keer vir die Sharks punte aangeteken het.

Daarna het Deon Fourie ’n hoë skop aangeslaan en ná die daaropvolgende skrum het die Sharks die bal deur fases geneem voor Michalak uit die perfekte posisie ’n skepdoel oorgeklits het.

En toe Louis Ludik met vyf minute oor in die eerste helfte ’n hoë skop uit die lug gepluk het om te gaan druk, kon ’n mens begin aanvoel dat 48 000 toeskouers teleurgesteld huis toe sou gaan.

Grant het wel net voor rustyd ’n belangrike strafdoel oorgeskop en op 6-13 agter, was daar nog hoop teen ’n vlugflou-span.

Maar die Sharks het die Suid-Afrikaanse Instituut vir Sportwetenskap iets gegee om na te vors. Hulle het stoom opgetel.

Michalak en Grant het strafskoppe geruil voordat JP Pietersen – op buitesenter – met ’n stukkie individuele briljantheid vorendag gekom en verby Etzebeth getrippel het.

Tog is dié ’n Stormers-span met ruggraat. Jean de Villiers het vir Gio Aplon met ’n aangee gevind vir ’n drie (uiteindelik!) om weer hoop te gee.

Toe Grant met byna 10 minute oor die vlae laat lig het, het joernaliste wat spertyd probeer klop vir ’n rukkie ophou skryf.

Die Sharks het egter kalmte getoon en met hul voorspelers tot in ’n posisie in die Stormers se kwartgebied gekom vanwaar Michalak nóg ’n skepdoel kon oorklits om dit pot, spel en wedstryd te maak.

Lees Rapport se kommentaar beleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
92 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 18-24°C High level clouds. Mild. Pta: 12-26°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 11-21°C Morning clouds. Mild. Bfn: 10-24°C Mostly sunny. Mild.
Dbn: 18-28°C Afternoon clouds. Warm. PE: 16-21°C Mostly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Escape winter, head to Mauritius

Escape winter by spending 7 nights in Mauritius' tropical bliss from R13 215 per person sharing. Includes return flights, airport transfers and accommodation.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Gewilde nuwe flieks

Frozen, The Hobbit: The Desolation of Smaug, Thor: The Dark World, Leon Schuster: Schuks! Your Country Needs You en nog baie meer. Koop nou!

25% afslag op topverkoperboeke!

The Real Meal Revolution van Tim Noakes, Jeffrey Archer se Be Careful What You Wish For, Man’s Search for Meaning van Victor E. Frankl en nog baie meer titels. Koop nou!

Baie eiers in een mandjie!

Speletjie-pakkette: 2 Super Hits-speletjies vir R99, 3 Disney-speletjies vir R99 en nog meer + eksklusiewe pakkette vir toebehore – slegs beskikbaar op kalahari.com. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 30% afslag op toestelle & huisware

Bespaar tot 30% op toestelle en huisware dié Paasfees. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Storieman Omnibus 6

Storieman 6 van Leon Rousseau. Beskikbaar 30 April. Plaas jou voorafbestelling nou!

gobii se 7” Kleur LCD e-leser nou R399

Kry kalahari.com se topverkoperproduk vir slegs R399 en kry gratis e-boekkoopbewyse ter waarde van R120. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!