Vrystaat bo na groot skrik

2012-09-29 23:26

Hennie Daniller duik gister in Bloemfontein oor die Griekwa-doellyn vir sy drie. | Foto: CONRAD BORNMAN

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Dit was dalk nie heeltemal sewe maer jare nie, maar ná vier naar Curriebeker-naweke het die Vrystaat gister darem weer sukses gesmaak.

Die Cheetahs se halfeind-drome is steeds lewendig, nadat hulle die eerste keer in vyf rondes as oorwinnaars van die veld kon stap deur Griekwas met 35-20 te verslaan.

En vir ’n slag was die televisie-skeidsregter ook die Vrystaters goedgesind met die toekenning van ’n bonuspunt-drie in die doodsnikke van die wedstryd aan die opwindende vleuel Raymond Rhule.

Griekwas het die tuisspan hard laat sweet en was dit nie vir twee geel kaarte – een aan die heelagter Willie le Roux in die eerste helfte en die tweede aan die plaasvervanger-senter JP Nel – nie, kon sake dalk anders verloop het.

Twee drieë vroeg in die tweede helfte deur die woelige Griekwas-flank Marnus Schoeman en vleuel Jannie Boshoff het die telling 20-elk gemaak, nadat die Cheetahs rustyd met 17-6 voor gaan rus het.

Die tuisspan het met groot vuur afgeskop en hoëtempo-rugby gespeel – net soos hulle verlede naweek klaargemaak het teen die Blou Bulle.

Met Sias Ebersohn terug op losskakel, het die tuisspan meer aanvallend gespeel en was hulle nie voorspelbaar nie.

Die Blitsbok Philip van der Walt het ’n verskil gemaak, Marcel van der Merwe het fisiek ingeklim en die gewese Bok-flank Heinrich Brüssow was soos altyd woelig op die grond.

Brüssow moes egter in die 47ste minuut die veld met ’n besering verlaat.

Die Vrystaters kon rustyd verder voorgeloop het as hulle net beter kon afrond. Hulle het die meerderheid van die balbesit geniet en talle kere gevaarlik gelyk.

Griekwas het in die eerste helfte stewig geskrum, maar kon andersins nie veel uitrig nie.

Die Vrystaat se Rhule het gister vir die soveelste keer dié seisoen gedy.

Sy skuif van buitesenter na vleuel het hom nie gekeer om steeds amok te maak nie – en hy het in die 23ste minuut die lyn gesny en sy kaptein, Robert Ebersohn, oorgestuur.

Dit was een van talle lopies wat hy op vleuel ingekry het nadat hy na die punt moes skuif in die plek van Rayno Benjamin.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 10-17°C Partly cloudy. Mild. Pta: 5-19°C Sunny. Mild.
Jhb: 3-16°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 1-17°C Sunny. Mild.
Dbn: 12-23°C Sunny. Mild. PE: 11-18°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.