WP trap Griekwas

2012-09-22 23:17

Gerhard van den Heever word op die doellyn gestuit deur Marnus Schoeman (regs) en Burger Schoeman. | Foto: Yunus Mohamed

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Op ’n middag van tipies skisofreniese Kaapse weer het die rugbyspan van die Griekwas hulself so te sê in die eerste helfte gekelder met onoordeelkundige aangeë en die Westelike Provinsie het nie op hom laat wag om dit in ’n wenvoorsprong te verander nie.

Die Streeptruie was eindelik met 45-21 baas, maar met die rustydtelling 31-7 in hul guns, was die tweede helfte pure formaliteit en uiteindelik bra saai vergeleke met die eerste skof.

Die wentelling vlei die tuisspan beslis ’n bietjie, hoewel die WP hul kanse beter benut het én sekerder van die platform gemaak het voordat hulle die slimstreke begin inspan het.

In dié dae dat oorversigtigheid soveel rugby haas onkykbaar maak, voel jy soos ’n verraaier om te kla dat ’n span oorhaastig was punte toe, maar die Griekwas se doodskoot was die twee onderskepdrieë wat hulle binne ’n kwartier afgestaan het.

Pleks van geduldig deur die fases te werk, waarmee hulle nou en dan goed gelyk het, het hulle taks probeer om die pas te forseer – en met die bal ­natterig weens ’n reënbuitjie vroeër, was hanteerfoute aan die orde van die dag.

Tussen die twee onderskepdrieë het Joe Pietersen boonop ’n vyftigtreë-strafdoel oorgeklits vir die WP, wat die telling binne ’n amperse oogwink 24-7 gemaak het ná dit 7 elk was.

Dat die WP egter sy oorwinning terdeë verdien het, kan niemand teen stry nie.

Die afrigtingspan vat knaend houe weens die leë trofeekas, maar dis bra onregverdig: vanjaar het die krukkelys die Kapenaars hard gestraf.

Met die WP-begroting bra ver derde in die land, kan Allister Coetzee en sy manne nie anders as om die jongelinge vroeg ryp te druk nie, maar dat hulle dit ordentlik doen, is ’n feit soos ’n koei.

Deon Fourie was nogmaals ’n woelwater in die nr. 6-trui, met die res van sy agttal wat by hul kaptein aangesteek het.

Dié WP-span laat egter veral die tonge klap oor die opwindende 10/12/13-kombinasie van Catrakilis, Brache en Du Plessis. Dié drietal speel met verstand, vernuf en entoesiasme en die lenige Brache veral se rugbyverstand is sy grootste bate.

In ag genome dat hy eers as 16-jarige begin speel het, kan hy Nuweland nog dikwels laat regop sit.

Gister is die WP se taak ook vergemaklik deur slim spelwisseling deur die skrumskakel Louis Schreuder, wat ’n konstante bedreiging op die aanval was sonder om sy pligte te verwaarloos.

En met Nick Groom wat dié vervang het, het die WP skielik ’n hele spens ordentlike skrumskakels.

Lees Rapport se kommentaar beleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
9 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 17-24°C High level clouds. Mild. Pta: 12-26°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 10-21°C Sunny. Mild. Bfn: 11-25°C Sunny. Mild.
Dbn: 20-26°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-22°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Escape winter, head to Mauritius

Escape winter by spending 7 nights in Mauritius' tropical bliss from R13 215 per person sharing. Includes return flights, airport transfers and accommodation.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Gewilde nuwe flieks

Frozen, The Hobbit: The Desolation of Smaug, Thor: The Dark World, Leon Schuster: Schuks! Your Country Needs You en nog baie meer. Koop nou!

25% afslag op topverkoperboeke!

The Real Meal Revolution van Tim Noakes, Jeffrey Archer se Be Careful What You Wish For, Man’s Search for Meaning van Victor E. Frankl en nog baie meer titels. Koop nou!

Baie eiers in een mandjie!

Speletjie-pakkette: 2 Super Hits-speletjies vir R99, 3 Disney-speletjies vir R99 en nog meer + eksklusiewe pakkette vir toebehore – slegs beskikbaar op kalahari.com. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 30% afslag op toestelle & huisware

Bespaar tot 30% op toestelle en huisware dié Paasfees. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Storieman Omnibus 6

Storieman 6 van Leon Rousseau. Beskikbaar 30 April. Plaas jou voorafbestelling nou!

gobii se 7” Kleur LCD e-leser nou R399

Kry kalahari.com se topverkoperproduk vir slegs R399 en kry gratis e-boekkoopbewyse ter waarde van R120. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!