Waarheen, WP?

2012-01-21 22:56

’n Verbroude bod om die Internasionale Rugbyraad se sewestoernooi in Suid-Afrika; die Saracens-debakel; Rassie Erasmus se skok-bedanking – en ’n dwarsklap deur Johann Rupert.

As daar ooit ’n tyd was vir aanspreeklikheid binne die Westelike Provinsie, het dit sekerlik nou aangebreek.

Nietemin is dit naïef om te dink dat dit maklik sal gebeur, want dié unie het ondanks sy beleërde beeld verlede jaar die mees suksesvolle span in Suid-Afrikaanse rugby opgelewer.

Die Stormers, het met alle spanne op volle sterkte, in Super-rugby die Suid-Afrikaanse groep van die toernooi gewen. As die debat van emosie gestroop word, is dit ’n groter prestasie as dié van ’n span wat die Curriebeker in ’n Wêreldbeker-jaar danksy minimale ontwrigting wen.

Nietemin lyk dit toenemend of Kaapse rugbybase dit regkry om agter hul senior spanne se afrigters weg te kruip. Dis een van die redes waarom Erasmus se bedanking die potensiaal het om katastrofies te wees.

Daar was boonop tot nou toe geen kommunikasie van die unie se kant af oor die pad vorentoe nie.

Gaan Erasmus vervang word – en wie gaan sy verantwoordelikhede oorneem? Dis vrae wat die WP nog nie beantwoord het nie.

Die rede vir die WP se arrogansie lê waarskynlik in sy grootste troefkaart opgesluit. Dis die feit dat die Kaapse publiek, ondanks alles, bereid is om vir hul kaartjies te betaal en Nuweland vol te pak.

Statistieke oor bywoningsyfers toon dat geen span in Super-rugby ’n groter trekpleister as die Stormers is nie.

Solank die mense kom en die WP genoeg geld maak om sy bedrywighede te handhaaf – al dui sy finansiële state byna elke jaar op ’n verlies – is die kans op aanspreeklikheid minimaal.

’n Revolusie gaan eers kom wanneer Kapenaars met hul voete stem en nie bereid is om Nuweland toe te stroom nie.

Tog wil Jan en Alleman seker net sy rugby op Saterdae geniet en hom nie bemoei met wie aan beheer van sake staan nie.

Daar is sedert verlede jaar kommerwekkende verwikkelings. Die Internasionale Rugbyraad (IRR) was gretig om die Suid-Afrikaanse sewes-toernooi in Kaapstad aan te bied, maar die WP se tender het sleg teen dié van die Oostelike Provinsie afgesteek. Die toernooi is gevolglik verlede jaar vir die eerste keer in Port Elizabeth aangebied.

Saracens wou sy Heinekenbeker-wedstryd teen Biarritz, wat verlede naweek beslis is, in die Kaapstad-stadion speel, maar die WP Rugbyunie (WPRU) wou dit nie in die streek onder sy jurisdiksie toelaat nie. Dis nie net Saracens wat onder sulke kleingeestigheid ly nie, maar ook die Kaapse publiek.

Die Engelse klubspan was in een week – in die aanloop na ’n kritieke Heinekenbeker-wedstryd –sigbaar in die plaaslike gemeenskap.

Wat die Erasmus-debakel betref, het Sport24 dié nuus berig nog voordat die WP dit bekend gemaak het. Die Stormers se spelers het in Die Burger daarvan uitgevind.

Erasmus self het erken dat politiekery ’n rol in sy besluit gespeel het. Daar word geen besonderhede verstrek nie, maar die WPRU se president, Tobie Titus, moet ondersoek instel en verduidelik.

’n Negatiewe nalatenskap deur Erasmus was die gebrek aan deursigtigheid by die senior spanne. Dis ook deur die Stormers en WP se afrigter, Allister Coetzee, nagevolg tot op die punt dat hy soms nie betyds by nuuskonferensies opdaag nie, of erger nog: hulle selfs vroeër begin het as wat aan die media gekommunikeer is.

Rob Wagner, besturende direkteur van WP Rugby (Edms.) Bpk., het sedert 2008 nie genoegsaam rug styf gemaak teen sulke manewales nie.

Dit raak ook toenemend duidelik dat daar strukturele probleme by die WP is. Daar is twee uitvoerende hoofde – een by die WPRU en nog een in die vorm van ’n besturende direkteur by die sakevleuel (WP Rugby (Edms.) Bpk.).

Die verwydering tussen die entiteite is so erg dat selfs die WPRU se mediaskakeling verwyder staan van WP Rugby (Edms.) Bpk.

Boonop het die WP se behandeling van die plaaslike media so ’n steen des aanstoots geword, dat hulle eerder verkies om met die Blou Bulle Maatskappy se onberispelike professionaliteit om te gaan.

Rupert se dwarsklap – dat Remgro as indirekte aandeelhouer (via die Marc Groep) as sakevennoot deur die WP geïgnoreer word – is welverdiend. Hoe draai die WP sy rug op insette van een van Suid-Afrika se voorste sakemanne?

Gaan die WP verduidelik, of sal daar stilswye wees totdat die media en publiek vergeet?

Kritiek wat die WP dikwels moet aanhoor, is dat hy in 2001 laas ’n trofee gewen het. Dis oordrewe, gegewe die relatiewe sukses wat die Stormers die afgelope twee seisoene onder Coetzee – met Erasmus se insette – behaal het.

’n Veel groter probleem is dat die WP se spanne en die Kaapse publiek vir rugbybase ’n plek gee om weg te kruip.

Erasmus kla oor politiek, Rupert mik ’n dwarsklap, die sewestoernooi is Port Elizabeth toe en die Saracens-vlae wapper in Kayamandi.

Die renoster is ’n bedreigde spesie, maar renostervelle is volop in Nuweland.

Aanspreeklikheid? Wat beteken dit vir ’n Kaapse rugbybaas?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
13 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 139,995.00

NISSAN

Sabre 160 GX 5-dr
1996
R 40,000.00

TOYOTA

Landcruiser PU 4x4 Dsl
2005
R 225,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.