Ware Leeuemoed

2012-09-22 23:17

Ruan Combrinck van die Leeus duik gisteraand oor vir sy drie teen die Haaie. | Foto: Deaan Vivier

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Party rillerverhale pla jou weke later nog in jou slaap.

Dít is die Haaie se voorland, maar hul Alfred Hitchcock is ’n man genaamd Jaco Kriel.

Dié se spoggerige wegbreek-drie naby die einde van gister se Curriebeker-wedstryd hier op Coca-Cola-park, waarvoor hy meer as 60 meter genael het, was self ’n monster.

Maar wat waarlik by die Haaie gaan spook, is die twyfel oor ’n aanslaan van die plaasvervanger-flank Kriel in die aanloop tot die Leeus-vleuel Ruan Combrinck se drie. Die voorval is deur die TV-skeidsregter hersien, maar weens ’n gebrek aan duidelike beeldmateriaal het dié drie gestaan.

Dit het die Leeus se terugvegdrome laat waar word en was die sleutel-oomblik in hul rillersege van 28-22 oor die Haaie.

Met plaasvervangers soos Kriel se impak en die Leeus se passievolle verdediging teen die einde, is ’n groot Curriebeker-slag gister hier geslaan.

Verspeelde kanse het die Haaie se eerste helfte gekenmerk. Dit is veelseggend as daar in gedagte gehou word dat hulle rustyd steeds met 16-6 voor was.

Was dit nie vir desperate verdediging van die tuisspan nie, was die besoekers se vroeë voorsprong groter.

Tog was dit Haaie se eerste drie, toe dit uiteindelik kom, uit die boonste rakke.

Vanaf ’n inskop het een Springbok, Lwazi Mvovo, langs die linker-kantlyn afgesnel. ’n Tweede Bok, die uiters indrukwekkende Keegan Daniel, is middelveld-langs deur ’n gat en Springbok nr.?3, Odwa Ndungane, het afgerond.

Soos ons nou al gewoond geword het, was die skrums die Leeus se sterkpunt.

Pat Cilliers en CJ van der Linde is dalk die Leeus-stutte in die Springbok-prentjie, maar soos wat JC Janse van Rensburg en Jacobie Adriaanse die afgelope vier maande skrum (en speel) wonder ’n mens of die verkeerde twee Leeus-stutte nie per ongeluk vir Heyneke Meyer gestuur is nie.

Ná gister se sege lyk die kanse nou goed dat die Leeus in Oktober weer die Curriebeker-eindstryd sal haal – en gister se tweede helfte het daarvoor gesorg. Die Leeus het hul balbesit vir langer begin hou en veral Mapoe het as aanvaller aan die Haaie begin vreet.

En tussendeur het Elton Jantjies se trefferskoen die agterstand skop-vir-skop laat krimp.

Maar die wedstryd het eers uit sy nate gebars met Combrinck se drie, aangevoor deur ’n kyk, skop, vang en aangee-juweel deur heelagter Andries Coetzee.

En daarna was dit Kriel-tyd.

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 12-14°C Numerous showers. More sun than clouds. Cool. Pta: 7-27°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 9-21°C Sunny. Mild. Bfn: 4-15°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 12-23°C Partly cloudy. Mild. PE: 9-19°C Showery. More clouds than sun. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar R700 op die Hisense LED TV

Kry die Hisense 32” HD LED TV vir slegs R2499. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe musiek-CD’s & DVD’s teen R99 elk

Kry gewilde nuwe musiek-CD’s en DVD’s teen R99 elk. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Soos gesien op TV – Nuwe boeke teen slegs R199 elk

Kry besparings wat jou kop sal wegblaas op nuwe boektitels. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar tot 40% op modetoebehore

Bespaar tot 40% op uitgesoekte handsakke, beursies, horlosies, juwele en nog baie meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

The Real Meal Revolution (boek & e-boek)

Die doel van The Real Meal Revolution is om jou lewe te verander deur jou eetgewoontes te leer wat jou in beheer plaas van jou gewig en jou gesondheid. Bestel nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!