'n Siek grap

2012-09-16 00:49

Oukei, meneer All Black, ek hênsop! Cory Jane hardloop gister in Dunedin bo-oor ’n oorblufte Frans Steyn, met Ruan Pienaar (links) wat ook te laat is om hom te keer. | Foto: ANTHONY PHELPS/REUTERS

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Hierdie was soos die siekste en flouste van siek grappe.

Iets soos: “Kom ons kyk hoe ons ’n sege oor die All Blacks, op ’n skinkbord aangebied, op sy lelikste kan opmors.”

En só doen jy dit: Volhard nóg en nóg met Morné Steyn as losskakel, sodat hy ’n swak eerste helfte met sy vierde verbroude stelskop ná rustyd kan opvolg.

En vervang tog vroegtydig vir Beast Mtawarira, op die dag ’n yster, met ’n speler soos Dean Greyling, wat nie rugby se reëls so lekker vang nie.

Gebruik steeds taktiese en hoë skoppe, al verkeer jy onder weinig druk, en al is jou skoppers nie akkuraat genoeg daarmee nie.

En verstik telkens uit pure verbasing aan ’n vreemde dis as die bal wel wyd gaan.

Heyneke Meyer en sy span skuld Suid-Afrika vandag antwoorde. Hulle staan in die beskuldigdebank ná ’n absolute laagtepunt in Bok-rugby.

Gister hier in die Forsyth Barr-stadion was die All Blacks so mak soos huiskatte – en die Bokke, wat fisieke impak betref, heerlik rof en op hul vurige beste.

Maar die Bokke het tóg ’n manier gevind om hul eie oorheersing in die wedstryd te verraai, deur met 11-21 in dié Rugby-kampioenskapstryd te verloor.

As jy verstaan hoe om met die rugbybal in ruimte te speel, ís dit moontlik om met drie baldraers ses verdedigers in te suig en te fnuik, presies soos die All Blacks met Israel Dagg se drie in die 19de minuut gemaak het.

As jy nié weet nie, dan word jou kanse rommel, soos toe drie Springbok-agterspelers vroeg in die wedstryd nie twee verdedigers kon intrek om Bryan Habana weg te stuur nie.

Hier was Zane Kirchner met sy gebrek aan voorgevoel die groot sondebok – en later was dit die kaptein, Jean de Villiers, wat die bal verby Francois Hougaard oor die kantlyn gesmyt het.

Sulke oomblikke sou later herhaal word.

En dan Steyn. Drie van sy vier stelskoppe is voor rustyd verbrou. Maklikes. Tóé moes Johan Goosen al op die veld verskyn het.

Dit het egter eers ná 58 minute gebeur.

Teen rustyd was die Bokke, weens al die faktore, met 3-5 agter. Meyer se All Black-eweknie, Steve Hansen, was egter wakker genoeg om sy swak skakel, Piri Weepu, ná 40 minute al met Aaron Smith te vervang.

Die gevolg? Smith het ’n deurslaggewende drie ná 60 minute gaan druk om ’n vroeëre individuele juweeldrie deur Habana ongedaan te maak.

En só het die Bokke tragies hier op die Suid-Eiland gesink. Ten spyte van Habana se heldedade. Ten spyte van ’n lostrio van Louw, Alberts en Vermeulen wat kookwater was en die inklimspel van Adriaan Strauss.

Vyf Springbok-lynstane is verloor. Sewe (!) stelskoppe is op die dag deur die Bokke gemis, waarvan drie dapper langafstand-pogings deur Frans Steyn en Goosen.

Toe Morné Steyn uiteindelik vervang is, het dit net ’n oomblik of twee gevat vir die Bokke om op ’n ander manier aan eie hand te sneuwel.

Greyling se geneigdheid tot strafskoppe het gister ’n vrot laagtepunt bereik, toe hy op die wedstryd se breekpunt onnodige tyd in die koelkas vir ’n skouerloop moes deurbring.

Toe hy terugkeer, het hy vir oulaas oortree en Aaron Cruden het met die daaropvolgende strafdoel ’n bonuspunt by die Bokke gegaps.

Wat ’n siek, siek grap.

* Punte:

Nieu-Seeland 21 (5):Drieë: Israel Dagg, Aaron Smith. Doelskop: Aaron Cruden. Strafdoele: Cruden (3).
Suid-Afrika 11 (3):Drie: Bryan Habana. Strafdoele: Morné Steyn, Johan Goosen.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
34 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 12-21°C Sunny. Mild. Pta: 11-21°C Showers late. Morning clouds. Mild.
Jhb: 9-16°C Showers late. Mostly cloudy. Cool. Bfn: 8-19°C Morning clouds. Mild.
Dbn: 14-22°C Morning clouds. Cool. PE: 9-20°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.