13-jarige getuig in Sondagverkragtersaak
2012-07-27 15:21
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Rapport op
'n 13-jarige het in die verhoor van Johannes Jacobus Steyn getuig hoe sy vervoer en in 'n veld verkrag is.
Steyn word in die Palm Ridge-landdroshof in Alberton verhoor.
"'n Man het my van agter om die lyf gegryp en 'n geweer teen my kop gesit," het die meisie, wat in camera getuig het, vertel.
"Ek het begin skree. Hy het my in die motor gedwing," het die hoorbaar emosionele meisie getuig. Sy was 11 tydens die aanval.
Sy het probeer om uit die motor te ontsnap, maar die man het glo vir haar gesê: "As jy so aanhou, gaan jy k** suster.
Daarna het die man haar glo na 'n veld geneem waar hy haar klere met 'n knipmes verwyder en haar verkrag het.
Steyn word daarvan aangekla dat hy die skoolmeisies Louise de Waal en Lazanne Farmer vermoor het. Hy staan ook tereg op 11 aanklagte van verkragting, 10 van onsedelike aanranding, een van poging tot onsedelike aanranding, een van poging tot onvoering en twee van aanranding. Die 11 slagoffers is na bewering tussen 2008 en 2011 aangeval.
- SAPA