16-jarige verdagte ‘meteens anders’

2012-09-22 23:13

Die seun wat aangekla word van die moorde op die Steenkamp-gesin van Griekwastad het ná die moorde ’n “gedaanteverwisseling” ondergaan by die skool.

“In teenstelling met sy vorige gedragspatroon was hy nou joviaal en tydens verwisseling van klaskamers soms in ’n mate uitbundig,” lees ’n verklaring deur die hoof van die skool waar die verdagte ’n leerling is.

Die skoolhoof sê dit was vir hom opvallend dat die seun ná die moorde geen ooglopende emosie getoon het nie, “iets wat ’n mens nogal van ’n seun van sy ouderdom sou verwag”.

Dié verklaring het aan die lig gekom nadat die skool en die tienerseun se voog die afgelope week ’n skikking bereik het oor die seun se voortgesette onderwys.

Ingevolge dié ooreenkoms, waarvan Rapport ’n afskrif het, sal die skool afstandonderrig aan die seun verskaf en daagliks per e-pos, faks of die internet vir hom skoolwerk stuur. Sou die seun nie die skoolwerk verstaan nie of verdere onderrig benodig, sal daar onderwysers ná ure en op Saterdae by die skool beskikbaar wees. Dié reëling verval egter as die seun weer in aanhouding sou wees.

Ingevolge die ooreenkoms moet die seun sy huiswerk “stiptelik” aan die skool terugbesorg en toetse of eksamens aflê. As hy meer as drie keer weier of versuim om die werk te voltooi, sal die skool daarop geregtig wees om die afstandonderrig te staak.

In ’n ander verklaring, gedateer 12 September en ook in Rapport se besit, sê die skool se beheerliggaam hulle het nog geen reaksie van die seun ontvang op die skoolwerk wat hy moes doen terwyl hy in aanhouding was nie. Dit is die skoolwerk wat hy gemis het nadat hy op 21 Augustus in hegtenis geneem is totdat hy op 3 September op borgtog vrygelaat is.

Luidens die hoof se verklaring is daar geen tugstappe teen die seun gedoen nie en is hy dus nog ’n ingeskrewe leerling aan die skool.

Die hoof sê ook tussen die moorde en die seun se inhegtenisneming het verskeie leerlinge en onderwysers reeds ongemaklik gevoel by die seun.

“Wat my en die onderwysers egter bekommer, is dat waar hy voorheen ’n teruggetrokke seun was, hy nadat hy teruggekeer het skool toe en tot en met sy arrestasie as’t ware ’n gedaanteverwisseling ondergaan het.”

Die seun was meteens vrolik en uitgelate.

Die hoof waarsku dat die landdros in die seun se borgtoguitspraak gesê het die staat het ’n prima facie-saak teen die seun en dat hy en die skool daarom nie hul “oë vir hierdie uitspraak en bewerings” kan sluit nie.

“Ek is nou al 40 jaar in die onderwys en ek het nog nooit ’n atmosfeer by ’n skool beleef soos wat dit tans onder die leerlinge en opvoeders by ons skool beleef word nie. Daar is ouers wat dreig om hul kinders uit die koshuis en skool te haal as die seun terugkeer na die skool.”

Die skool se regsadviseur het prof. Daniël Louw, ’n buitengewone professor verbonde aan die departement sielkunde van die Universiteit van die Vrystaat, genader om sy mening te gee oor die aansoek om die seun terug te laat. In sy verklaring sê Louw dit wek kommer by hom dat hy nie bewus is van enige deeglike forensiese sielkundige of psigiatriese evaluering wat deur ’n deskundige op die seun gedoen is nie.

Sonder evaluering sal relatief min (indien enige) geestesgesondheidswerkers die “groen lig” gee dat die seun aan ’n omgewing blootgestel word wat vir hom en ander skade kan inhou, sê Louw.

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Frikkie Botes sê... die ANC ondersteun volksmoordenaars omrede die ANC ook een is. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 11-17°C High level clouds. Cool. Pta: 7-20°C Sunny. Mild.
Jhb: 5-17°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 4-18°C Sunny. Mild.
Dbn: 11-24°C Sunny. Mild. PE: 11-18°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.