17de medalje vir SA

2012-09-06 10:36

Londen. – Nóg ’n goue!

Met ’n vlieënde Oscar Pistorius wat wenstreep toe gehardloop het, het Suid-Afrika se 4x100-aflosspan (T42-46) gisteraand hier op die Paralimpiese Spele die goue medalje gewen én die wêreldrekord oortref.

Suid-Afrika spog nou met 17 medaljes: vier goud, vyf silwer en agt brons.

Dit was ’n hoendervel-mooi vertoning deur die vier draers van groen en goud – Pistorius, Samkelo Radebe, Zivan Smith en Arnu Fourie – wat skitterend gehardloop het om die wedloop te wen in 41.78 s.

Die Suid-Afrikaners het ook die vorige wêreldrekord (42.50) gehou wat vroeër vanjaar in Germiston opgestel is.

Daar was drama toe Brasilië, met Alan Oliveira, die man wat Pistorius Sondagaand in die 200 geklop het, aan die spits, tweede geëindig het, maar minute later gehoor het hulle is gediskwalifiseer.

“Dit was ons droom om die wêreldrekord te verbeter,” het Pistorius gesê. “Elkeen het vanaand gedoen wat van hulle verwag is en ek is trots om deel van die span te wees.”

Suid-Afrika se Radebe – wat toegegee het hy was baie op sy senuwees - is gewaarsku toe hy aanvanklik te vroeg weggespring het.

Hy het hierna puik gehardloop en sy opdrag om eerste oor te gee, uitgevoer.

Smith het in die agterste pylvak laat waai en aan Fourie oorgegee.

Fourie het gesê hy het uit die hoek van sy oog gesien die Amerikaners begaan ’n fout en dié kans aangegryp om verby te gaan.

Pistorius het sy lemme laat flits, maar moes alles gee om vir Oliveira weg te hardloop.

**Pistorius en Fourie het gisteraand albei die eindstryd van die 100 m (T44) gehaal.

Pistorius het sy uitdun maklik in 11.18 sek. gewen. Fourie het sy uitdun in 11.29 sek. gewen.

Hy het, voordat hy sy been verloor het, ’n kontrak met die Goue Leeus onderteken om vir dié span rugby te speel. Hy is nou ’n ouditeur in Stellenbosch.

Fourie se been is in 2003 onder die knie afgesit ná ’n bootongeluk. Sy been het onder die motorboot se skroef beland.

**Dyan Buis (21) van Riversdal het brons met ’n wêreldrekord (klas 37) van 6.48?m in die verspring verower. -- BEELD

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Elsie Wessels sê... Sal baie graag agter die kap van hierdie byl wil kom. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 10-17°C Partly cloudy. Mild. Pta: 5-19°C Sunny. Mild.
Jhb: 3-16°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 1-17°C Sunny. Mild.
Dbn: 12-23°C Sunny. Mild. PE: 11-18°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.