18 sterf toe skoolbus en taxi reg van voor bots

2012-07-21 23:52

18 mense, onder wie ’n gr. 3-leerling aan die Laerskool Cradock en dié skool se hoof, Wimpie van der Merwe (51), is dood en talle beseer toe ’n skoolbus en ’n minibus-taxi gister in die Oos-Kaap gebots het.

14 mense het in die taxi gesterf, onder wie die bestuurder. Twee van die vier beseerdes wat in die hospitaal opgeneem is, is later dood.

Die skoolbus en die minibus-taxi het omstreeks 07:00 op die R61 tussen Cradock en Graaff-Reinet reg van voor teen mekaar gebots, het ao. Cynthia Mkamba, polisiewoordvoerder, gesê.

Jurie Taljaard, ’n onderwyser aan die Hoërskool Cradock wat op die toneel afgekom het, het gesê die skool en gemeenskap is verslae.

“Dit was verskriklik. Daar was hierdie ongeloof oor wat gebeur het. Die kinders was baie ontsteld en mense was verbouereerd.

“En die eerste gevoel wat jou tref, is daardie vrees wat jy as onderwyser het om met skoolkinders in ’n ongeluk te beland.”

Die bus van die Laerskool Cradock was op pad na ’n sportbyeenkoms by die Laer Volkskool op Graaff-Reinet en die taxi was van Kaapstad na Mthatha onderweg.

Volgens Mkamba het die taxi ’n ander taxi op ’n blinde hoogte verbygesteek en toe die skoolbus getref. 16 van die oorledenes is almal op die toneel dood, het Tshepo Machaea van die organisasie Ar­rive Alive gesê.

“Baie van die passasiers was vasgekeer en reddingswerkers moes hulle red,” het Machaea gesê.

Tien mense is steeds in die hospitaal en ’n verdere 28 is vir ligte beserings behandel en ontslaan.

Twee onderwysers aan die Laerskool Cradock is met ernstige beserings in hospitale in Port Elizabeth opgeneem en twee ander in Bloemfontein.

Die skool het gister in ’n SMS aan ouers gesê die skool sal Maandag gesluit wees omdat talle personeellede beseer is.

Troosboodskappe het intussen ingestroom op die Facebook-profiele van Van der Merwe se familie.

Hy was sedert Januarie 2009 skoolhoof in Cradock. Hy word oorleef deur sy vrou, Elsabé, seun, Luwaldo, en drie stiefkinders. Hulle is Charles, Theo en Elsa Ferreira.
Die pad is gister vir verkeer gesluit.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
44 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Deon Janse van Rensburg sê... Die ou is 'n komediant van die eerste water - of hy het 'n obsessie met Helen die Tweede. Nog niks geleer vanuit Afrika nie? Die model is mos mooi oop vir jou om te sien. Dit het Zambië 40 jaar geneem om tot hulle sinne te kom - dit beteken jy gaan nog lank wag vir jou DA om die leisels oor te neem - indien ooit. Intussen moet hulle maar "franchise"soos hulle wil - gaan so vinnig verdwyn soos die McGinty's kroeë Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 16-22°C Sunny. Mild. Pta: 9-21°C Morning clouds. Mild.
Jhb: 8-16°C Afternoon clouds. Cool. Bfn: 7-20°C Morning clouds. Mild.
Dbn: 15-26°C Morning clouds. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.