20% van leerlinge in gr. 10, 11 is herhalers

2012-09-01 23:54

Meer as 20% van leerlinge wat die afgelope twee jaar in gr. 10 en 11 was, was besig om dié grade te herhaal.

Kenners meen skole wat swak leerlinge terughou om hul matriekslaagsyfer te verbeter, kan ’n rede wees.

Annette Lovemore, DA-skaduminister van basiese onderwys, het deur vrae in die parlement syfers van herhalers die afgelope twee jaar gekry.

Dit was die hoogste in gr. 10 en 11.

Sy sê ’n hoof van ’n skool waar die matriekslaagsyfer van 46% in 2009 tot 76% in 2011 verbeter het, het onlangs aan haar erken hy hou moontlike druipelinge terug.

“Hy het leerlinge wat gr. 11 vir die derde of vierde keer herhaal.”

Die departement van basiese onderwys sê volgens sy beleid is die norm dat ’n leerling saam met sy ouderdomsgroep moet vorder en net een keer in ’n onderrigfase (waarvan daar vier is) ’n graad mag herhaal.

Nic Spaull, navorser in ekonomie aan die Universiteit van Stellenbosch, sê die herhaal van ’n graad sal waarskynlik dieselfde resultate as die vorige jaar oplewer as daar nie aan die redes vir probleme aandag gegee word nie.

“Die werklike probleem lê in die vroeër grade.”

Volgens Spaull leer kinders dan nie die nodige vaardighede aan nie en boonop is daar nie in dié grade eksamens wat, soos in matriek, ekstern geëvalueer word nie.

“Leerlinge neem hul leergebreke saam met hulle soos wat hulle deur die grade gestoot word, net om in gr. 11 of 12 te druip.

“Die oplossing is egter eerder ’n vorm van remediërende onderrig.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 10-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-18°C Sunny. Mild. Bfn: 4-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 14-26°C Sunny. Mild. PE: 15-21°C Afternoon clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.