3 mynbase = 3 600 stakers

2012-08-26 00:06

Drie van die Lonmin-myn se top- uitvoerende amptenare het verlede jaar R38 miljoen verdien. Dit is gelykstaande aan die totale salarispakkette van die meer as 3 600 rotsbooroperateurs wie se staking om hoër lone tot die onlangse bloedbad gelei het.

Die rotsbooroperateurs se totale koste van indiensneming is sowat R10 500 per maand elk. Volgens die maatskappy se jaarverslag het Lonmin se uitvoerende hoof, Ian Farmer, die maatskappy se vorige finansiële hoof, Alan Ferguson, en die huidige finansiële hoof, Simon Scott, verlede jaar ’n gesamentlike salarispakket van R38?miljoen ontvang. Die bedrag sluit nie hul langtermynaansporings-aandeel­opsies in nie.

Die verslag wys dat Farmer in 2011 sowat R1,2 miljoen per maand verdien het. Ferguson het meer as R20 miljoen in 2010 verdien.

Al die maatskappy se direkteure het verlede jaar saam R48 miljoen verdien en die maatskappy se nege nie-uitvoerende direkteure R9,6 miljoen. Hieronder tel die ANC-veteraan Cyril Ramaphosa, wat R680 000 in direkteursgeld ontvang het.

Die 4 252 booroperateurs in Lonmin se diens het gesamentlik sowat R44 miljoen in die boekjaar verdien. Vir R10 500 per maand moet ’n booroperateur 22 agtuur-skofte werk en minstens 70 gate tydens ’n skof boor.

Elke booroperateur ontvang ook lidmaatskap tot ’n pensioen- en mediese fonds, ’n vakansiebonus en ’n booroperateur- en behuisingstoelae vir diegene wat nie in ’n hostel woon nie. Hulle kwalifiseer ook vir groep- en individuele bonusse wanneer hulle hul teikens bereik. In sulke gevalle kan werkers tussen R6 500 en R8 000 verdien.

David van Wyk, uitvoerende hoof van die Bench Marks Foundation, wat onlangs die werkomstandighede in Suid-Afrika se platinummyne bekyk het, het die Lonmin-base se pakkette as “skokkend” bestempel en die beheptheid met wins gekap.

“Die mynbase gee nie om nie. Ek het baie tyd in hierdie gemeenskappe deurgebring en Lonmin het min gedoen om hul lewensomstandighede te verbeter. Dit is skokkend hoe hulle lewe.”

Van Wyk het gesê booroperateurs werk in gevaarlike omgewings – ses is verlede jaar dood – en word te min betaal vir hul bydrae tot die myn se sukses.

Volgens die Kamer van Mynwese is mynwerkers jare gelede baie swak betaal, maar die laaste twee dekades was daar “konsekwente en aansienlike verbeterings in die lone en werkomstandighede van mynwerkers,” berig Sixolisiwe Ndawo en Sabelo Ndlangisa.

“Mynwerkers se basiese lone is hoër as in ander arbeidsintensiewe bedrywe,” het Bheki Sibiya, uitvoerende hoof van die Kamer van Mynwese, gesê.

Loane Sharp, ’n arbeidsekonoom by Adcorp, sê die booroperateurs én Lonmin se base verdien wat hulle werd is. Sharp het gesê Farmer was verantwoordelik vir die grootste verhoging in produktiwiteit in Lonmin se geskiedenis en sy bydrae tot die myn se sukses word deur sy salarispakket weerspieël. Hy het gesê dis onregverdig om die salarisse van uitvoerende hoofde met die van werkers te vergelyk.

Lonmin het nie op versoeke om kommentaar gereageer nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
12 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Martha Dean sê... @Maka Drama Wie het Uriah vermoor? Volgens Nathan was dit Koning Dawid deur sy handtekening op die brief. Langs watter party plaas jy jou toestemming om jou belange te dra in die land - op stemdag in SA. Dis pornografie wat die blaam moet dra vir moorde van wellus en verkragting - het jou party daarvoor gestem? Dan is jy aandadig, en so kan ek aangaan. Een miljoen aborsies sedert 1997 en een miljoen werksgeleenthede 'down the drain' soos die Engelsman se. Is daar 'n korrelasie?. Se jou party ja vir aborsie, dan is jy aandadig. Die wegbly stem se ook ja vir die ANC se anti God beleid. Gebed (en gepaardgaande gehoorsaamheidd aan God) bring God se arm in beweging. God is 'n Gentleman, as jy Hom nie wil he nie, moet dan nie weeklaag en jou tande krens nie. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 17-22°C Sunny. Mild. Pta: 9-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-16°C Morning clouds. Cool. Bfn: 7-20°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 15-26°C Morning clouds. Mild. PE: 13-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.