6 sterf in hitte tydens toetse vir verkeerslui

2012-12-29 23:17

Ses mense is waarskynlik aan hitte-uitputting dood nadat duisende Donderdag in ’n fiksheidstoets meegeding het om 90 poste as verkeersbeamptes in Kwa­Zulu-Natal.

Radley Keys, DA-woordvoerder oor vervoer in dié provinsie, sê die departement van verkeer het sowat 150?000 aansoeke gekry.

Van hulle is 34 000 mense gekortlys.

“Hulle (die departement) het heeltemal verkeerd te werk gegaan met die aanvanklike advertensie. Die enigste kwalifikasies was dat jy jonger as 35 jaar moet wees en ’n ID, matrieksertifikaat en rybewys moet hê.

“Dis asof hulle nie besef het hoe kritiek die werkloosheidsyfer in die land is nie.”

Hy sê sowat 17 000 mense het Donderdag van oor die provinsie in die hitte by die Harry Gwala-stadion in Pietermaritzburg opgedaag om 4 km in minder as 25 minute te probeer aflê.

“Ek was self daar. Dit was 31 °C en die meeste van die mense het daar aangestap gekom. Hulle moes toe in lang toue staan voordat hulle eers die middag kans gekry het om te hardloop. Ek glo die meeste was toe al ontwater,” sê Keys.

Hy sê daar was geen waterpunte langs die pad nie en talle mense het flou geword weens die hitte.

Daar was glo paramedici en water by die eindpunt.

“Mens sou dink dat in ons provinsie, waar ons die Com­rades en ander marathons hou, so iets beter gereël sou word.”

Behalwe vir die ses wat vermoedelik aan hitte-uitputting dood is, het ’n sewende later uit “frustasie” selfmoord gepleeg, het die SAUK gister berig.

Keys sê daar het eergister wéér sowat 17 000 mense opgedaag, maar gelukkig was dit bewolk en heelwat koeler.

Hy sê sowat 2 000 mense het gister by die Mkondeni- en Northdale-toetsstasies aan ’n bestuurstoets deelgeneem.

“Hoe kan jy ’n kortlys van 34 000 mense hê vir net 90 poste? Die maksimum moes 5?000 gewees het.”

Die departement van vervoer kon nie gister vir kommentaar bereik word nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
33 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 15-23°C Sunny. Mild. Pta: 10-18°C Morning clouds. Mild.
Jhb: 8-14°C Morning clouds. Cool. Bfn: 9-19°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 14-22°C Morning clouds. Mild. PE: 12-24°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.