600 keer seks: 'Jou siek liegbek'

2012-07-02 07:28

Sylvia Ireland kom in Rondebosch, Kaapstad, aan vir die verhoor deur die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika.| Foto: Jaco Marais

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

In een van die opspraakwekkendste seksskandale in Kaapse rykmanskringe is een van Kaapstad se rykste weduwees die afgelope week onomwonde in ’n verhoor “?’n siek liegbek” genoem.

Sylvia Ireland (51) het hier voor ’n tugkomitee van die Raad vir Gesondheidsberoepe in Suid-Afrika haar saak teen dr. Ray Berard (66), een van dié stad se voorste psigiaters, voortgesit.

Die multimiljoenêr het die terapeut in 2008 by dié raad verkla omdat hy glo ’n liefdesverhouding met haar aangeknoop het terwyl sy nog ’n pasiënt was.

Maar adv. Graham van der Spuy, ­Berard se regsverteenwoordiger, het in die verhoor gesê hy het “lanklaas so ’n swak getuie gesien”. Hy het Ireland beskryf as “leuenagtig, onbetroubaar en oneerlik”, iemand met ’n “monsteragtig vrugbare verbeelding”.

Hierby is grafiese getuienis gelewer oor hoe Ireland glo sonder onderklere in Berard se spreekkamer opgedaag het, wydsbeen gesit en gemasturbeer het omdat hy die terapie wou staak.

Ireland het Berard toe sowat vier jaar gelede by die raad verkla weens hul seksuele verhouding waarin sy betrokke geraak het omdat sy glo “willoos” was tydens hul terapiesessies wat hy, volgens haar, vir seks “misbruik” het.

Ireland sê Berard het die verhouding begin. “Hy gesê het dit sal my help gesond word.”

Sy was van 2005 af sy pasiënt.

Hoewel sy in Maart vanjaar getuig het seks staan haar nie juis aan nie, het sy ook gesê hulle het binne twee jaar sowat 600 keer seks gehad.

Sy voer aan Berard moes van beter geweet het as om haar brose geestestoestand weens haar huweliksprobleme uit te buit.

Van der Spuy meen Ireland is “iemand met onvanpaste, inkonsekwente gedrag en voor die hand liggende psigopatologiese probleme”.

Hy het aansoek gedoen om Berard se ontslag.

“Die vraag is nie of hulle in ’n seksuele verhouding gewikkel was nie, maar of hulle dit gedoen het terwyl daar nog ’n professionele verhouding was.”

Berard voer aan die verhouding is aangeknoop nadat terapie gestaak is.

Ireland se regsverteenwoordiger, adv. Francois Grobler, voer aan sy het hom gelos toe sy ’n ander verhouding aangeknoop het, maar nog Berard se pasiënt was.

Sy het hom aanvanklik weens huweliksprobleme met haar man, Stuart, gaan spreek. Volgens haar was haar huwelik in ’n doodloopstraat “omdat geld al was wat vir hom saak gemaak het”.

Stuart het tot sy dood in 2009 die alleenreg gehad om Chanel-, Dior- en Jean-Paul Gaultier-parfuum in Suid-Afrika te bemark.

Ireland het vroeër getuig inbrekers het haar en haar man in hul huis aangeval.

Sy is verkrag en is daarna Londen toe vir ’n aborsie. Hieroor het Van der Spuy gesê hy vind dit eienaardig dat dit eers in die verhoor ter sprake gekom het en dat sy nooit dié gebeure met ­Berard gedeel het nie.

“Dis vergesog. Haar psigiater weet nie sy is verkrag nie, dat sy swanger geraak en ’n aborsie ondergaan het nie? Dis eenvoudig ’n versinsel van ’n monsteragtig vrugbare verbeelding.”

Volgens hom gaan dit sy verstand te bowe dat – in sy ondervraging oor haar koopgewoontes – sy hom reggehelp het “dat sy nie maandeliks R500?000 aan handsakke en kosmetiekware bestee nie, maar R750 000”.

Ireland het aan Rapport gesê sy staan by haar saak en sal nie rus voordat ­Berard aan die kaak gestel is nie.

“Dit gebeur met baie ander vroue.”

Berard en sy prokureur, Gerhardt van der Merwe, wou nie kommentaar lewer nie. “Die saak is sub judice. Ek leef al langer as vier jaar hiermee saam,” het Berard gesê.

Die verhoor is tot 19 Oktober uitgestel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
12 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 9-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Sunny. Mild. Bfn: 5-21°C Mostly sunny. Mild.
Dbn: 13-26°C Sunny. Mild. PE: 16-21°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.