7de Laan se Erroll gaan trou
2012-01-28 23:10
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Rapport op
Christo Davids, wat Errol in 7de Laan speel, gaan vrou vat.
Hy en sy meisie, Cindy Khana, het twee weke gelede in Kaapstad verloof geraak.
Dit kom nadat Cindy glo vies geword het vir Davids omdat hy weens sy druk werkprogram min tyd met haar deurbring.
Davids was die laaste tyd in die Kaap waar hy aan die verhoogstuk Some Like It Vrot gewerk het.
Hy het glo op Tafelberg die groot vraag gevra. Die twee is al nege jaar lank saam.
Volgens die tydskrif Sarie se webwerf wil die twee in Maart volgende jaar trou.