9 onnies en min geriewevir 800 kinders

2013-01-27 00:01

Soos sardientjies?.?.?. Nie elke leerling aan die Meyisi Senior Sekondêre Skool in Flagstaff in die Oos-Kaap het ’n lessenaar nie. | Foto: Mziwoxolo Mtola

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die Meyisi Senior Sekondêre Skool in Flagstaff in die Oos-Kaap het nuwe geboue, maar een rekenaar en geen biblioteek, laboratorium, telefoon of faksmasjien nie.

Die skool het 800 leerlinge, nege permanente onderwysers en twee tydelikes.

Gr. 10B-leerlinge sit die afgelope Donderdagoggend ingeprop in een klaskamer – al 153 van hulle.

Hulle wag in die versengende hitte op ’n onderwyser.

Dis 08:20.

’n Week nadat skole in dié provinsie met die land se laagste matriekslaagsyfer (61,6%) geopen het, sit dié klas sonder onderwyser vir Xhosa, die eerste vak op hul rooster.

Teen 08:35 is daar steeds geen onderwyser nie.

Sommige leerlinge verkoop lekkers of speel kaart, en ander slaap.

“Hier is geen toekoms vir ons nie. As ons ryk was, kon ons ’n beter skool gesoek het,” sê Nontembeko Kwaziwa (17).

Weens ’n personeelvergadering is die lesure van 55 minute tot 45 verminder.

Dis 09:00, en daar is steeds geen onderwyser in sig nie.

Die klas het ook nie ’n leerkrag vir wiskundige geletterdheid nie, sê ’n onderwyser wat liefs naamloos wil bly.

Nog 45 minute tik verby sonder dat iemand in 10B al iets geleer het.

Geografie is volgende op die rooster, maar nog 45 minute gaan sonder ’n onderwyser verlore.

Teen 10:30 daag hul geskiedenisonderwyser op.

Soms word die klas in twee verdeel sodat die leerlinge beter beheer kan word, maar dit beteken dieselfde les moet deur ’n oorbelaste onderwyser herhaal word.

“Die onderwysers is net so gefrustreerd soos die leerlinge. Ons werk in erge omstandig­hede,” sê ’n leerkrag.

Dis 11:45 en die leerlinge van 10B is veronderstel om ’n Engelse les te kry.

Die hitte is ondraaglik.

Sommige leerlinge waai hulle met papiere en boeke koel.

Die onderwyser sukkel 10 minute lank om orde te kry.

Sommige leerlinge slaap, ander kou kougom, kyk by die venster uit of poets hul skoene, en die res gesels eenstryk deur.

“Ek sit hier agter en kan nie ’n woord hoor wat die onnie sê nie,” sê Aphiwe Mnaba (18).

Teen 12:30 verlaat die onderwyser die klas.

Die laaste les vir dié dag is verby.

Hulle doen hul bes, sê die onderwysers, maar die situasie is so beroerd dat hulle op die leerlinge met potensiaal fokus.

Die res moet maar alleen opsnork.

Maar 10B is nie al klas wat met min klaarkom nie.

In 10C deel 82 leerlinge drie lessenaars.

Die 87 gr. 11A’s sit op mekaar omdat daar nie genoeg stoele is nie.

Elke drie leerlinge deel ’n handboek vir lewensoriëntering.

In 11B sit 106 leerlinge in ’n klas wat vir 40 bedoel is.

Hier is 35 lessenaars en elke twee leerlinge deel ’n stoel en ’n handboek.

In 12A moet 53 leerlinge 42 lessenaars deel.

Die skool se matriekslaagsyfer verlede jaar was 58,8%.

“Ons het onderwysers en leergeriewe nodig. Ons bestee ons tyd aan baklei oor lessenaars, want ons het niks beters om te doen nie, sê Xolani Zandile (20), voorsitter van die leerlingraad.

Hope Motgatlhe, woordvoerder van die minister van basiese onderwys, sê 153 leerlinge in een klaskamer is onaanvaarbaar, maar die departement en die provinsie werk aan die infrastruktuurprobleem.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
19 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Squeegee Pilot sê... Het die klomp dan geen skaamte nie...? Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 15-23°C Sunny. Mild. Pta: 10-19°C Morning clouds. Mild.
Jhb: 7-15°C Morning clouds. Cool. Bfn: 9-19°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 14-23°C Sunny. Mild. PE: 12-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

PR Eng Civil Engineer

Gauteng
Communicate Cape Town IT
R850000 - R900000

PR Eng Civil

Gauteng
Communicate Cape Town IT
R600000 - R800000

Civil Engineer

Gauteng
Communicate Cape Town IT
R450000 - R550000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.