ABO-boek: 34 000 is in kampe dood

2012-05-19 23:44

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Meer as 34 000 wit Suid-Afrikaners, en nie 27 000 soos meer as ’n eeu gemeen is nie, het in die Anglo-Boereoorlog in konsentrasiekampe gesterf.

Dié regstelling van die geskiedenis word Dinsdag by die Voortrekkermonument in Pretoria bekend gemaak waar die einde van dié oorlog 110 jaar gelede herdenk word.

Baniere met die 34 000 name, vanne en ouderdomme van die Boerevroue, kinders en mans wat in die konsentrasiekampe gesterf het, sal aan die mure van die monument gehang word.

Die sterftelys is opgestel ná jare lange navorsing deur Celeste Reynolds en herskryf as’t ware die geskiedenis van die Anglo-Boereoorlog, sê dr. Dirk Hermann, adjunk-uitvoerende hoof van Solidariteit.

Naas dié bekendmaking, stel Solidariteit se Kraal-uitgewers dié dag ook ’n nuwe boek, Onthou! Kronieke van vroue- en kinderlyding, 1899–1902, bekend.

Prof. A.W.G. Raath van die Universiteit van die Vrystaat en Elria Wessels van die Oorlogsmuseum in Bloemfontein het die boek geskryf en saamgestel.

In die proloog ondersoek Raath die ontstaan van die Britte se verskroeide aardebeleid, die konsentrasiekampe en die rol van die Pro-Boere-beweging in Brittanje.

Meer as 80% van die meer as 200 foto’s wat in Onthou! verskyn, is nog nie voorheen gepubliseer nie en kom uit die Oorlogmuseum en Raath se versamelings.

Deur die oë van meer as 30 Boervroue, in 20 hoofstukke in die boek, ontvou die lewe in die konsentrasiekampe.

Dié vertellings kom uit Mag ons vergeet? deur E. Neethling en is vir Onthou! versorg deur Wessels.

So skryf Magdalena van der Merwe op bl. 261 in Onthou!:

“Daar sit ek met my siek kind op die skoot. Sy was sterwende en sê: ‘Mammie, gee vir my tog bietjie water.’ Wat kon ek doen? Ek antwoord: ‘My liefste, hier is geen water nie.’ Sy hou maar aan om te smeek vir water. Toe moes ek van my trane op haar lippies laat drup. Eindelik het sy gesterf...”

Of Anna Botha van Breipaal, Smithfield, oor die dood van haar seuntjie in die Bethulie-konsentrasiekamp, bl. 111:

“Hy het al swakker en swakker geword, en sy einde het genader. Hy het honger gehad en kon nie melk drink nie. Wanneer ek hom vra hoe dit met hom gaan, was sy antwoord: ‘Mammie, beter, maar ek het tog so honger!’ Sy laaste woord was: ‘[Ek het] honger’.

“Toe hy gesterf het, was hy ses jaar oud, maar die lykie was nie [eens] so groot soos dié van ’n kind van twee jaar nie, net langer. Ek kon die tandjies deur die wangvelletjies tel. As ek my hand op die buikie lê, kon ek die ruggraat voel.”

’n Hoofstuk waarin Raath oor die geskiedenis van die Nasionale Vrouemonument in Bloemfontein skryf, sluit die boek af.

* Lesers wat die boek wil koop, kan “Onthou” SMS na 34388 of 012 644 1824 skakel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Compos Mentis sê... Dit sal regtig help as hulle soms iemand met 'n "kundige" laat praat as die verslaggewer darem ook iets van die onderwerp weet en nie net na die A team op tv gekyk het nie. oor Roland de Vries... oh well hy het ook maar vinnig die pad gevat nadat hy gehelp het om die eens trotse weermag in die huidige treurmare te verander saam met sy sogenaamde "herstrukturering". Daai spannetjie, almal wit, het almal die pad gevat en die huidige leierskorps moet dit probeer oorbrug. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 16-18°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 10-19°C Sunny. Mild. Bfn: 9-23°C Morning clouds. Mild.
Dbn: 17-29°C High level clouds. Pleasantly warm. PE: 12-19°C Showers late. Mostly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town Engineering
R250000 - R300000

Financial Manager

Gauteng
Communicate Cape Town Engineering
R720000 - R800000

Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town Engineering
R300000 - R450000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.