ANC hersien beleid oor SEB

2013-01-20 00:02

Die ANC is besig om sy beleid oor swart ekonomiese bemagtiging (SEB) te hersien sodat dit nie net ’n handjievol individue skatryk maak nie.

Jackson Mthembu, woordvoerder van die ANC, het Vrydag so aan Rapport gesê nadat die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRV) aanbeveel het dat SEB geskrap word.

Die instituut sê dit is moeilik om te bepaal hoeveel geld al deur SEB-transaksies van hande verwissel het, maar inligting in die openbare domein wys die bedrag het tussen 1998 en 2008 op tussen R55 miljard en R600 miljard gestaan.

Van die voorste SEB-sakemanne in Suid-Afrika is Patrice Mo­tse­pe, miljardêr-eienaar van die mynkonglomeraat African Rainbow Minerals, Cyril Ramaphosa, adjunkpresident van die ANC, deur sy Shanduka-sakeryk, Tokyo Sexwale, minister van menslike nedersettings, deur sy Mve­la­phan­da-groep en Saki Macozoma, multi-miljoenêrsakeman.

Mthembu sê die ANC steun egter steeds SEB as ’n breë beleidsraamwerk.

“Ons sê al lank meer moet gedoen word in die toepassing daarvan. Trevor (Manuel, minister in die presidensie belas met die beplanningskommissie) sê al lank ernstige verbeteringe moet aan ons SEB-beleid gedoen word.

“Want as ons van breë-basis- ekonomiese bemagtiging praat, moet ons sien dat die massas daardeur bemagtig word en nie net ’n handjievol individue nie.

“Daarom werk ons komitee oor ekonomiese transformasie tans daaraan. Ons het vir hulle gesê SEB...moet ’n breë raamwerk wees wat almal bevoordeel wat deur die apartheid-ekonomie benadeel is.”

Dr. Anthea Jeffery, hoof van spesiale navorsing by die SAIRV, het aan Rapport gesê die miljarde rande se beleggings wat tot dusver met SEB-transaksies gemaak is, word nie as produktief gesien nie omdat dit net ’n handjievol bevoordeel het.

“SEB werk nie. Die regering probeer elke keer net die doelpale daarvan verskuif, maar ons kom nêrens.”

Luidens die instituut se voorlegging as deel van openbare kommentaar van die departement van handel en nywerheid se voorgestelde SEB-kodes, moet SEB in sy geheel geskrap en nie net “hervorm” word nie.

“Die regering moet eerder die ware uitdagings vir die bevordering van armes identifiseer en daaraan werk. Die ANC moet eerder die baie moeiliker take aanpak, soos om die onderwysstelsel te herstel, die arbeidsmark van streng regulering te bevry, internasionale mededinging aan te moedig en op te bou en Suid-Afrika baie aantrekliker vir direkte beleggers te maak,” lui die voorlegging.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
83 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Cornel Rothmann sê... Ons het 'n splinternuwe matras gekoop en die oomblik toe ons dit op die bed sit en my beddegoed oortrek toe wriemel daar sulke splinteragtige goggas uit die matras en as mens dit "sqhuus" dan kom daar bloed uit die goggas. Die matrasfabriek eienaar insinueer dat dit van my bed afkom...... my ou matras is teruggesit en daar is nikkkkkksssss,,,,,,,, Hoe lank moet ek kalm en ordentlik bly????? Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 16-20°C Showers early. Morning clouds. Mild. Pta: 6-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-17°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 3-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 13-26°C Sunny. Mild. PE: 13-21°C More clouds than sun. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Structural Engineer

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
R600000 - R900000

Structural draughtsmen

South Africa
Communicate Cape Town IT
R280000 - R350000

Structural Engineer

West Rand
Communicate Cape Town IT
R150000 - R250000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

APARTMENTS / FLATS FOR SALE IN Durban, Essenwood

Apartments / FlatsR 1 199 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.