'ANC rassisties'

2013-02-02 23:26

Die ANC is die mees rassistiese politieke party in Suid-Afrika.

Dít is hoe bruin, Indiër en wit ANC-lede hul eie party beskryf.

Hulle meen ook hulle het nie ’n kat se kans om tot ’n leiersposisie in die ANC verkies te word nie.

Die menings van gewone ANC-taklede is vervat in ’n verslag – The ANC: Still a Home for All? – wat Dinsdag in Johannesburg bekendgestel is.

ANC-lede, veral dié uit minderheidsgroepe, erken in die verslag daar is groot probleme met rasseverhoudinge op alle vlakke binne die party. Bruin, Indiër- en wit gemeenskappe meen daar is nie meer vir hulle in die ANC plek nie en dat ’n soort swart nasionalisme uitgeleef word.

Die verslag is deur die Ahmed Kathrada-stigting saamgestel om te bepaal hoe die ANC en sy gewone taklede nie-rassigheid verstaan en toepas. Dit was deel van ’n drie jaar lange navorsingsprojek oor nie-rassigheid in Suid-Afrika.

Die verslag lui dat die ANC teoreties en amptelik ’n nie-rassige samelewing ondersteun.

“Maar die party se leiers gee onvoldoende leiding oor hoe ’n nie-rassige samelewing in praktyk moet lyk. Daarom bly dit ’n twispunt,” is die slotsom.

Lede van ANC-takke in Protea-Suid (Soweto), Eldorado Park (tradisioneel bruin), Lenasia (tradisioneel Indiër) en Sandton (tradisioneel wit) het aan die studie deelgeneem.

Taklede in minderheidsgebiede meen hulle word as “kanonvoer” misbruik om minderheidstemme tydens verkiesings te kry en dat die ANC tans “meer rassisties is as enige ander politieke party in Suid-Afrika”.

Minderheidsgroepe sê swart tale wat hulle nie verstaan nie, word gereeld in ANC-vergaderings gebruik en dat dit hulle nog meer vervreem.

Almal was dit eens dat die ANC steun in minderheidsgebiede verloor. Taklede in Eldorado Park sê selfs die inwoners daar “haat” die ANC.

In Lenasia kwyn die ANC se steun ook omdat sommiges in dié konserwatiewe Indiër-gemeenskap pres. Jacob Zuma se persoonlike leefstyl as “immoreel” beskou.

Taklede in Protea-Suid en Sandton het swart ekonomiese bemagtiging en regstellende aksie as onregverdig beskryf, terwyl dié in Eldorado Park sê dit bevoordeel net swart mense.

Gwede Mantashe, die ANC se sekretaris-generaal, het onlangs in Durban gesê bruin mense en Indiërs moet die term “minderheidsgroep” afskud, want hulle is deel van die “meerderheidsgroep”.

Maar Peter Marais, oudpremier van die Wes-Kaap en visepresident van die Bruin Bemagtigingsbeweging, sê die ANC spoeg op sy stigters se grafte en hul ideologie van nie-rassigheid deur teen minderheidsgroepe te diskrimineer.

“’n Nuwe bruin bewustheid vat onder bruin mense pos, want ons voel die ANC verwerp ons. Daarom gaan dit moeilik wees vir die ANC om veral die bruin stem in die volgende verkiesing te wen.”

Prof. André Duvenhage, ’n politieke kenner aan die Noordwes-Universiteit, sê die ANC se nie-rassige ideologie is strydig met die heersende praktyk.

Die Ahmed Kathrada-stigting


* Die stigting wat navorsing gedoen het oor minderhede in die ANC is in 2008 gestig en die voorsitter is Cyril Ramaphosa.

* Die raad van 19 trustees sluit hooggeplaaste politici in soos Kathrada, Lindiwe Sisulu, Derek Hanekom, Barbara Hogan en David Makhura;

* Hooffokus: Om met Kathrada se lewe sy stryd vir nie-rassigheid te simboliseer en te bevorder;

* Doen navorsing en bied openbare besprekings en dialoë aan oor nie-rassigheid;

* Het leierskapprogramme om nie-rassigheid onder die jeug te kweek;

* Het gemeenskapsprogramme om nie-rassigheid op plaaslike vlak te bevorder; en

* Verleen administratiewe en logistieke hulp aan Kathrada.

Bron: Neeshan Balton, uitvoerende direkteur van die Ahmed Kathrada-stigting.

Lees Rapport se kommentaar beleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
57 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 10-21°C High level clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 5-17°C Sunny. Mild. Bfn: 4-16°C Sunny. Cool.
Dbn: 14-23°C Morning clouds. Mild. PE: 11-23°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Escape winter, head to Mauritius

Escape winter by spending 7 nights in Mauritius' tropical bliss from R13 215 per person sharing. Includes return flights, airport transfers and accommodation.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Spesiale aanbiedinge vir Moedersdag!

Bederf Ma met dié ongelooflike spesiale aanbiedinge wat haar hart sal laat vermurwe. Koop nou!

Parfuumwinskopies vir Moedersdag!

Bederf Ma met spesiale parfuumwinskopies en geskenkpakke vir Moedersdag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Oefen sonder dat dit ’n plaas se prys kos

Tot 30% afslag op alle toerusting vir joga, om jou fiksheid te verbeter en jou spiere sterker te maak. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

RYOBI-gereedskap

Gee uiting aan jou innerlike DDS-geesdrif met RYOBI-gereedskap. Koop nou!

Gewilde nuwe flieks

Frozen, The Hobbit: The Desolation of Smaug, Thor: The Dark World, Leon Schuster: Schuks! Your Country Needs You en nog baie meer. Koop nou!

The Real Meal Revolution (boek & e-boek)

Die doel van The Real Meal Revolution is om jou lewe te verander deur jou eetgewoontes te leer wat jou in beheer plaas van jou gewig en jou gesondheid. Bestel nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!