ANC wil ‘duur’ ENB verlaat

2012-09-29 23:27

Die ANC oorweeg om sy rekening by Eerste Nasionale Bank (ENB) te sluit en eerder by ’n staatsinstelling te bank om bankkoste te bespaar.

Ledegeld sal dalk ook verhoog word om die party uit sy geldverknorsing te help red.

Jackson Mthembu, ANC-woordvoerder, het bevestig die ANC ondersoek die moontlikheid om sy bank­rekening na die Posbank oor te plaas sodra dié bank se aansoek om ’n volwaardige banklisensie goedgekeur is.

Dit sal waarskynlik vroeg volgende jaar gebeur, as ’n finale besluit hieroor by Mangaung geneem word.

Die Posbank is ’n filiaal van die poskantoor en sal op die armes en op die platteland fokus waar mense min toegang tot banke het.

Mthembu het by navraag gesê die kritiek op ENB se hoë bankkoste geld al vier die groot handelsbanke, dus ook Absa, Standard Bank en Nedbank. Hy het aangevoer die handelsbanke se bankkoste hou nie verband met die behoeftes van mense in ’n ontwikkelende land nie.

As die regerende party moet die ANC ook ’n voorbeeld stel dat hy vertroue het in ’n staatsinstelling soos die Posbank. “Ons moet wys dat ons die Posbank (met ons geld) vertrou,” het Mthembu gesê.

Dr. Michael Jordaan, uitvoerende hoof van ENB, het in reaksie gesê ENB verwelkom mededinging, ook van die Posbank.

Die ANC erken in die Mangaung-besprekingdokument daar is “groot kommer” oor die ANC se geldsake en “beslissende stappe” word vereis om die regerende party geldelik volhoubaar te hou.

Daar is reeds by die beleidskongres besluit ANC-lede met ’n standhoudende inkomste moet ’n deel daarvan in die vorm van ’n heffing aan die ANC oorbetaal. Mthembu het gesê afgevaardigdes sal in Mangaung besluit op ’n persentasie.

“Dis hoe politieke partye wêreldwyd funksioneer; daar word van lede vereis om hul partye te onderhou.”

Ander voorstelle behels die ANC se jaarlikse lidmaatskaptarief moet van R12 tot R20 styg en dat die party ten nouste betrokke moet raak by die ekonomie deur maatskappye op die been te bring wat dienste en goedere verskaf, asook deur ’n uitgebreide beleggingsportefeulje.

Sulke beleggings en bydraes van buitelandse skenkers moet gereguleer word om belangebotsings te verhoed.

Hoewel die ANC al in 2007 in Polokwane ’n resolusie aanvaar het dat wetgewing opgestel word om private skenkings aan politieke partye en partyfinansiering te reguleer, het dit steeds nie gerealiseer nie.

Lees Rapport se kommentaar beleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 15-24°C Sunny. Mild. Pta: 13-23°C Showery. Afternoon clouds. Mild.
Jhb: 9-19°C Scattered showers. Broken clouds. Mild. Bfn: 9-21°C Afternoon clouds. Mild.
Dbn: 15-20°C Passing showers. Mostly cloudy. Cool. PE: 12-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Escape winter, head to Mauritius

Escape winter by spending 7 nights in Mauritius' tropical bliss from R13 215 per person sharing. Includes return flights, airport transfers and accommodation.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Storieman Omnibus 6

Storieman 6 van Leon Rousseau. Beskikbaar 30 April. Plaas jou voorafbestelling nou!

The Real Meal Revolution (boek & e-boek)

Die doel van The Real Meal Revolution is om jou lewe te verander deur jou eetgewoontes te leer wat jou in beheer plaas van jou gewig en jou gesondheid. Bestel nou!

kalahari.com se #1 topverkoperproduk

gobii se e-leser + GRATIS muurlaaier en kunsleeromhulsel nou R599, bespaar R340. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

25% op nuwe en topverkoperflieks

Kies uit gewildste titels soos Despicable Me 2, Gravity, Frozen, The Hunger Games: Catching Fire en nog baie meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe boekuitreikings!

Kom loer na die opwindende boeke wat ons so pas uitgepak het. Titels sluit in David & Goliath van Malcom Gladwell, The Goldfinch van Donna Tartt en nog baie meer. Koop nou!

DVD’s vir minder as R100

Kry hierdie epiese trefferflieks vir minder as R100. Titels sluit in Frozen, Despicable Me 2, About Time, The Animal Communicator en nog baie meer. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!