'ANC wou g'n stemme werf'

2012-05-09 10:53

Verteenwoordigers van Afrikaanse organisasies, akademici en kerkleiers was gister versigtig optimisties ná afloop van ’n vergadering met die ANC.

Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, en Mathews Phosa, tesourier-generaal, het heeldag met sowat 70 deelnemers met geslote deure in Sandton vergader.

Die vergadering is deur die Solidariteit-beweging en die FAK geboikot ná berigte dat die ANC ’n “verskuilde agenda” het en die leiers wil gebruik om ’n strategie te bedink om Afrikaanssprekendes na die regerende party te lok.

Verteenwoordigers van Afrikaanse organisasies het ná die vergadering gesê dit was ’n positiewe gesprek waar sleutelkwessies, wat vir Afrikaanssprekendes belangrik is, op die tafel geplaas is.

Die kwessies is onderwys, taal en kultuur en grondhervorming.

Marlene le Roux, ’n kommissaris van die kommissie vir kultuur, godsdiens en taal, het gesê die ANC het gekom om te luister en dat daar ’n “naderbeweeg” na mekaar toe was.

“Dit was duidelik nie om stemme te werf nie, maar om te kyk hoe ons oor die land voel en te sê hoe die regering voel oor aspekte wat ons raak. Ons het gepraat oor hoe die Afrikaanse gemeenskap positief kan bydra tot die land en die ekonomie.”

Danie van Wyk, uitvoerende hoof van die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA), het gesê Afrikaans is op die vergadering gedepolitiseer.

“Ons het ernstig gepraat oor die persepsie dat Afrikaans slegs ’n Afrikanertaal is en dit duidelik gestel dat Afrikaans nie gelyk is aan die Afrikanerdom nie. In die verlede is Afrikaans altyd gekoppel aan ’n politieke standpunt. Vandag het ons vir die ANC gesê Afrikaans is ’n inklusiewe taal.”

Verskeie deelnemers het gesê daar was in die verlede soortgelyke gesprekke met die ANC en hulle is daarom skepties oor of dié gesprek werklik iets gaan verander.

Dr. Theuns Eloff, rektor van die Noordwes-Universiteit en president van die Afrikaanse Handelsinstituut (AHI), het die gesprek as ’n “groot volksvergadering” beskryf.

“Ek is van nature skepties oor politici, want hulle het ’n mandaat en belangegroepe wat hulle moet verteenwoordig en die Afrikaanse gemeenskap is nie baie hoog op hul prioriteitslys nie.

“’n Mens hoop maar, maar ek is een van die ouens wat al ’n paar keer teleurgestel is met gesprekke soos dié. As daar vordering gemaak word met die drie sleutelkwessies, sal ek my woorde graag sluk.”

Mantashe het gesê gerugte oor stemwerwing is onwaar.

“Die verkiesing is eers in 2014. As ons al aan die begin van 2012 met stemwerwing begin, is dit heeltemal te vroeg. Ons praat met almal. Ons wil hulle bekommernisse verstaan, of hulle nou vir ons stem of nie.”

’n Opvolgvergadering word vir die einde van die jaar beplan. -- DIE BURGER



Wynand Malan, Piet Croucamp,  Gwede Mantashe en Daryl Swanepoel



Gwede Mantashe, Japie Gouws, Mathews Phosa en Piet Croucamp | Foto's: Loanna Hoffmann

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C Sunny. Mild. Pta: 12-23°C Mostly sunny. Mild.
Jhb: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 4-22°C Sunny. Mild.
Dbn: 17-24°C Haze. Mild. PE: 13-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Investment Associate

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Financial Accountant

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Financial Accountant

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.