Aanvalle op getuies ‘is moontlik wraak’

2012-08-26 21:34

Marikana-mynwerkers wat ná die slagting in hegtenis geneem is en teen die polisie sou getuig, is dié week sistematies deur die polisie “gemartel”.

Dié skokkende bewerings oor gebeure in polisieselle in en om Rustenburg in Noordwes het gister op die lappe gekom.

Intussen onderhandel Nathi Mthethwa, minister van polisie, met die departement van korrektiewe dienste (DKD) om toesig oor die 260 mynwerkers in aanhouding oor te neem.

In die afgelope 72 uur is:
* ’n ondersoek deur die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) na beweerde polisiehardhandigheid by minstens vyf polisiekantore van stapel gestuur;
* 194 verklarings geneem van mynwerkers oor hoe hulle glo deur ’n polisietaakspan aangerand is;
* honderde sake van aanranding met die opset om ernstig te beseer en selfs poging tot moord teen polisielede ingedien.

Die polisie in Noordwes erken dat hulle mynwerkers “deurgesoek” het omdat sommige glo selfone by hulle gehad het.

’n Familielid van ’n beseerde mynwerker het ook gesê die polisie het hom “ontvoer” kort nadat hy uit die hospitaal ontslaan is.

Altesame 34 mynwerkers is verlede week dood toe die polisie met skerp ammunisie op stakende werkers by die Lonmin-myn losgebrand het.

Minstens tien mense, waaronder twee polisielede, is dood in die aanloop tot die bloedbad verlede Donderdag. Die twee polisielede is met pangas gekap en lewend verbrand.

Pres. Jacob Zuma het ’n kommissie van ondersoek onder leiding van oudregter Ian Farlam na die gebeure ingestel.

“Dit (die beweerde marteling in die aanhoudingselle) is waarskynlik wraak. Talle polisielede het beelde (van die twee polisielede wat vermoor is) gesien en hulle is woedend,” het ’n senior bron in die regering gesê. “Hulle soek die mans wat hul kollegas vermoor het.”

Die Opod het ook bevestig dat die mynwerkers, wat glo aangerand is, ooggetuies is teen die polisie in hul ondersoek na die skietery by Marikana.

Die omvang van die mans se beserings is onbekend, maar sommige is glo aangesê om in ’n ry teen die polisiekantoor se muur te staan. Hier is hulle glo onder meer met knuppels aangerand.

Adv. Lybon Mabasa, een van die mynwerkers se regsverteenwoordigers, het gesê sommige is só erg aangerand dat hul oë toegeswel is.

’n Polisielid by die Bethanie-kantoor het gesê ’n groep polisiemanne het die mynwerkers in hul selle gaan deursoek.

“Ons het eers ná die tyd gehoor van die aanrandings.”

Brig. Thaluni Ngubane, polisiewoordvoerder in Noordwes, het gesê die polisielede het opdrag gekry om selfone by die mynwerkers af te vat.

“Die polisie sal met die Opod-ondersoek saamwerk en gaan nie op gerugte reageer nie,” het Ngubane gesê.

Rapport se susterskoerant, City Press, het verneem dat die polisielede, wat glo verantwoordelik is vir die aanrandings, direk aan lt.genl. William Mpembe, adjunkhoof van die polisie in Noordwes, verslag doen. Mabasa het gesê hulle het teen Woensdag inligting gekry dat van die mynwerkers aangerand is.

City Press was eergisteraand daar toe vier Opod-ondersoekers 64 verklarings by die Bethanie-polisiekantoor afgeneem het. Nog 130 verklarings is by drie ander polisiekantore afgeneem.

Die ondersoekers wou niks sê nie.

Moses Dlamini, Opod-woordvoerder, het die ondersoek bevestig. Volgens hom is hulle veral bekommerd oor die “sistematiese aard” van die beweerde aanrandings.

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 13-17°C Showers early. More sun than clouds. Cool. Pta: 12-27°C High level clouds. Pleasantly warm.
Jhb: 5-13°C Mostly sunny. Refreshingly cool. Bfn: 6-16°C Morning clouds. Refreshingly cool.
Dbn: 17-22°C Showery. Mostly cloudy. Cool. PE: 12-17°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Tablet Asus Nexus 7'' 3G met 32GB nou R1 999

Kry die Nexus 7”-tablet met Wifi & 3G vir slegs R1 999 en bespaar R500! Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Plaas ’n voorafbestelling vir die Xbox One

Die vermaaksentrum wat jou alles-in-een bied – regstreekse TV, flieks, sosiale netwerke en speletjies. Plaas jou voorafbestelling nou!

Tot 50% afslag op haarsorgprodukte!

Bespaar tot 50% op professionele haarsorgprodukte by kalahari.com. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe e-boeke beskikbaar!

Maak jou gereed vir ’n lekker leeservaring wat e-boeke insluit soos Good Morning, Mr Mandela; Laaste dans, Drienie; Die brug na Haven en nog baie meer. Koop nou!

Hisense Infinity Prime-slimfoon

Bespaar R1 000 op die Hisense Infinity Prime 1-slimfoon. Nou R1 999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Soos gesien op TV – Nuwe gobii-slimfone vanaf R999!

’n Kamera aan die voor- en agterkant, tweeledige SIM-verrigting en 200MB se GRATIS Cell C-data elke maand vir 12 maande, is maar net ’n paar van die eienskappe van dié slimfone. Kry joune nou! Koop hier.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!