Aarya? Aarnee vir MasterChef

2013-01-20 01:07
deena naidoo

Deena Naidoo

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Deena Naidoo, wenner van verlede jaar se MasterChef SA, vat kritiek teen sy re­staurant met ’n knippie sout.

Aarya het in November verlede jaar in Montecasino, Fourways, noord van Johannesburg, geopen.

Naidoo het gister uit Durban, waar hy steeds woon, gesê 90% van sy gaste was tot dusver baie tevrede. Sommige van die ontevrede 10% was so ontevrede dat hulle op sosiale platforms uitgevaar het.

Hulle kla oor koue kos, swak diens en ’n beperkte spyskaart.

Denise Francis van Johannesburg is een van die ontevrede gaste.

“Die spyskaart is baie beperk. Elke keer as ons iets gekies het, het ons gehoor daar is nie bestanddele vir dié gereg nie,” sê sy.

“Daar was nie bestanddele vir melkskommel nie en daar was ook nie garnale nie. Die kelner het toe vir ons gesê hulle het nie bestanddele nie omdat dit ’n Sondagaand is.

“Die diens was uiters swak. Ek het net gegaan omdat my vriende voorheen daar was.

“Ek sal nog een keer in die toekoms gaan, want dalk doen Deena iets om die plek reg te ruk,” sê Francis.

Ander gaste sê hulle sal nooit weer by Aarya eet nie.

’n Klaer wat haar as Natalie geïdentifiseer het, sê op food24.com dit was haar slegste ervaring in ’n restaurant.

“Ek sal verbaas wees as dié restaurant se deure nog teen die einde van 2013 oop is.

“Die diens is stadig, die kos smaak en lyk sleg en die dekor is verskriklik.”

Remendran Munthree sê op www.eatout.com hy is baie teleurgesteld in die kos.

“Dis meestal vooraf berei en net warm gehou.”

Naidoo werk by die IT-afdeling van Nedbank in Durban en is nie heeltyds in Johannesburg nie.

“Ek is gewoond aan moeilike klante omdat ek die afgelope 20 jaar by Nedbank met hulle gewerk het. Dit is almal se reg om te kla, want hulle betaal vir die kos. Ek verwag dat hulle waarde vir hul geld kry, al is ek nie daar nie.”

Daar was omstredenheid toe dit aan die lig gekom het die restaurant sou nie Deena se eiendom word nie.

Naidoo sê Tsogo Sun, eienaars van die restaurant in Montecasino, help met die bestuur daarvan.

Hy het ook ’n bestuurder en ’n hoofsjef aan die stuur van sake.

“Ek praat elke dag met hulle om seker te maak alles is in orde. Ek het ook ’n uitstekende kombuisspan.

“Ek het self die spyskaart opgestel. Ek wou ’n familie-restaurant skep waar elke Suid-Afrikaner welkom voel.

“Ons het ons eie kos-kultuur in Suid-Afrika en ek wou dit uitbring in Aarya.”

Die spyskaart sal mettertyd verder ontwikkel word, sê hy.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C Sunny. Mild. Pta: 12-23°C Mostly sunny. Mild.
Jhb: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 4-22°C Sunny. Mild.
Dbn: 17-24°C Haze. Mild. PE: 13-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Manager

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Financial Manager

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Financial Controller

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.