Adv. Barbie sit steeds

2012-10-13 23:19

Cézanne Visser, wat tans sewe jaar uitdien weens onder meer die seksuele aanranding van jong meisies, het weereens ’n stryd in die hof verloor nadat die paroolraad al verskeie kere geweier het om haar tronkstrafvonnis na korrektiewe toesig om te skakel.

Visser se aansoek om ’n besluit deur die paroolraad, wat al twee keer die afgelope jaar bevind het sy is nie ’n geskikte kandidaat vir vonnisomskakeling nie, op hersiening te laat neem, is Woensdag in die hooggeregshof in Pretoria afgekeur.

Rapport het op 19 Februarie vanjaar berig hoe Visser se regsverteenwoordiger, dr. Llewellyn Curlewis, gesê het die nasionale kommissaris van korrektiewe dienste (DKD), mnr. Tom Moyane, het aanbeveel Visser moet danksy haar “goeie gedrag en omdat sy gerehabiliteer is” vrygelaat word.

“Sy het haar skuld aan die samelewing betaal. Sy het haar les geleer,” het Curlewis toe gesê.

Maar Visser het in Mei en toe weer in Augustus voor die paroolraad verskyn, waartydens hulle albei kere besluit het sy kwalifiseer nie vir vonnisomskakeling nie.

Visser het volgens Rapport se susterkoerant, Beeld, ’n dringende aansoek teen onder meer die minister van korrektiewe dienste en die paroolraad ingedien nadat haar vertoë op 7 Augustus weer geweier is. Die hof het bevind dat haar aansoek nie dringend is nie en dat sy die koste vir die aansoek moet betaal. Curlewis het Vrydag gesê Visser is teleurgesteld in die beslissing van die hof dat dringendheid afwesig is, maar dat hulle steeds optimisties is dat die meriete van haar aansoek uiteindelik sal slaag.

“Die regsproses is verseker nog nie afgehandel nie. Cézanne versoek geen spesiale behandeling nie, maar pleit eenvoudig vir ’n regverdige, spoedige en objektiewe beoordeling van haar regsposisie en feite soos gestel in die hofstukke.

“Hoe groter die aanvanklike teleurstelling(s), hoe meer bevredigend die uiteindelike uitkoms indien positief,” sê Curlewis.

Visser is in Mei 2010 tot sewe jaar tronkstraf gevonnis nadat sy skuldig bevind is op aanklagte van onder meer onsedelike aanranding op kinderhuiskinders en volwasse vroue. Haar medebeskuldigde en voormalige minnaar, Dirk Prinsloo, het destyds midde-in die verhoor landuit gevlug en dien tans 13 jaar tronkstraf uit in Bela-Rusland ná ’n mislukte bankrooftog daar.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Defacto Culpa sê... http://fidentiathetruth.blogspot.com/ Gaan lees gerus wat ander regters van die weskaapse afdeling bevind het oor die arme mnr brown, en ook wat die "kamstige onervare aanklaers" geargumenteer het en wat die HOF ignoreer het ........ Hoekom ??? Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 15-24°C More sun than clouds. Mild. Pta: 10-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-18°C Sunny. Mild. Bfn: 6-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 14-26°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Procurement Officer

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Finance
Market Related

Procurement Officer

Cape Town CBD
Communicate Cape Town Finance
Market Related

Procurement Officer

Cape Town CBD
Communicate Cape Town Finance
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.