Afgestorwe Sisulu “kon lag’

2012-10-13 23:19

Pres. Jacob Zuma en adj.-pres. Kgalema Mothlanthe langs die graf van oud-joernalis Zwelakhe Sisulu wat verlede week Donderdag oorlede is. | Foto: Loanna Hoffmann

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die oud-joernalis en voormalige direkteur van die SABC, Zwelakhe Sisulu, is gister vanuit die Walter Sisulu-saal in Randburg onthou vir meer as net die revolusionêr, die joernalis of die sakeman.

Sisulu was iemand wat kon lag.

Huldeblyke is uitgespreek deur naasbestaandes, met geel rose aan hul lapelle vas.

Onder dié wat huldeblyke gelewer het aan Sisulu, wat laasweek Donderdag in sy slaap oorlede is, was sy broer Max, Speaker van die parlement, en dié se seun, Shaka.

“Hy het altyd gelag, maar daar was so baie dink agter daardie lag,” was hoe laasgenoemde Sisulu sy oom onthou het.

Pres. Jacob Zuma, vergesel deur adj.-pres. Kgalema Motlanthe en sy kabinet, het die afgestorwe seun van oud apartheidstryders, Walter en Albertina Sisulu, “’n kind van die struggle genoem.”

Sisulu, wat as ’n intern by die Rand Daily Mail sy vaardigheid as joernalis begin skaaf het, het in die laat 1980’s sy merk gemaak in die alternatiewe media as stigter en redakteur van The New Nation.

Sy struggle-tyd by The New Nation het onder meer daartoe gelei dat hy geteister is, sowel as tronkstraf uitgedien het. Sisulu het egter nooit enige illusies daaromtrent gehad nie, vertel vriend Vusi Kanyile. “Wanneer die oomblik op sy ergste is, moet jou waagmoed op sy beste wees,” het Kanyile vertel.

Sisulu word oorleef deur sy vrou Zodwa, seuns Moyikwa en Ziyeka, dogter Zoya en kleindogter Lilitha.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 13-21°C Sunny. Mild. Pta: 12-24°C Mostly sunny. Mild.
Jhb: 11-19°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 5-22°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 17-24°C Haze. Mild. PE: 12-20°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.