Afrikaanse skatte op internet

2010-05-08 22:29

’n Blad uit die tydskrif Brandwag van Maart 1939, waarin Afrikaanse idiome, gesegdes en spreekwyses behandel word.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Stokou Huisgenote en ander tydskrifte soos Die Brandwag, Ons Eie Boek en Die Unie, sowel as talryke ander Afrikaanse publikasies wat van 1913 dateer, is ná 16 jaar se geswoeg en gesweet nou wêreldwyd elektronies beskikbaar.

Dié waardevolle stukke is deel van die Bibliografie van die Afrikaanse Taal en Letterkunde (BATL) en kan op die internet gelees word.

Prof. Wannie Carstens van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus staan aan die spits van die projek.

Hy sê die BATL is saamgestel in navolging van die Nederlandse Bibliografie van Taal en Letterkunde (BNTL), wat al jare lank toegang tot argiefstukke vir leesgieriges en akademici vergemaklik.

“Die plan was van die begin af om die Afrikaanse weergawe te skoei op die ooreenstemmende Nederlandse werk.

“Aanvanklik het ons saamgewerk met die Koninklijke Bibliotheek in Den Haag. Daarna het ons die BATL deel van die BNTL gemaak.

“Ons het ook saam met dr. Karina van Dalen en mev. Elly Kamp van die Huygens Instituut in Den Haag gewerk.”

’n Skakel na die BATL is ook geplaas op die BNTL se webblad – wat in 2008 in digitale formaat beskikbaar gestel is.

Carstens sê die idee het ontstaan ná ’n versoek van ’n Nederlandse taalkundige wat gekla het dat hy te min Afrikaanse publikasies in die hande kan kry.

“Dit is byvoorbeeld nie geredelik beskikbaar in biblioteke in Nederland en Vlaandere nie en daarom word Afrikaanse bronne dikwels geïgnoreer in akademiese geskrifte.

“Ek en prof. Dorothea van Zyl van die Universiteit van Stellenbosch het besluit om dit ons lang­termynprojek te maak.”

Afrikaans is dus nou wêreldwyd beskikbaar aan enigeen wat toegang het tot die internet.

Verwysings na boeke, akademiese artikels, verhandelinge, proefskrifte, tydskrifartikels en koerante kan gelees word met die druk van ’n paar toetse op ’n toetsbord, sê Carstens.

“Die elektroniese bibliografie verhoog beslis Afrikaans se aansien in ander wêrelddele.

“Dis omdat mense nie ons bronne in die hande kon kry nie dat hulle nie self kon ervaar watter waarde ons taal tot die akademiese gesprek kon toevoeg nie,” sê Carstens.

“Nou eers kan die hele wêreld ten volle besef dat Afrikaanses eintlik al baie jare lank gehaltewerk in Afrikaans lewer!”

* Verkry toegang tot die BATL by die webadres http://www4-win2.p.nwu.ac.za/dbtw-wpd/textbases/BATL.htm

- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Johan sê... Dit is mos nie hulle geld wat hulle mors nie en vir hulle honger COMRADES se hulle voertsek sorg vir jou self, ek is happy. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S40 2.0 MY06
2007
R 185,000.00

TOYOTA

Corolla 1.3 Professional MY10
2011
R 149,950.00

VOLKSWAGEN

Polo Sedan 1.4 Comfortline
2011
R 176,999.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.