Antoinette se hare waai vir nuwe rol

2012-11-17 23:28

’n Welige bos lang, blonde hare en 5 kg van haar soepel liggaam.

Dit is wat die aktrise Antoi­nette Louw opgeoffer het vir die vroulike hoofrol in die nuwe ­Deon Meyer-fliek, Die laaste ­tango.

Nie net het Louw haar hare tot op haar kopvel afgeskeer nie, sy volg ook reeds die afgelope drie maande ’n streng dieet, sy werk saam met ’n persoonlike afrigter én sy neem tango-lesse om haar vir die nuwe rol voor te berei.

“Dis die eerste keer in my professionele loopbaan van tien jaar dat ek so ’n groot metamorfose ondergaan,” vertel sy.



Antoinette Louw soos teatergangers en televisiekykers haar ken – met lang, blonde hare.| Foto: Francois van Vuuren




Louw nadat sy haar hare afgeskeer het. | Foto: Danielle Karallis

Louw het in 7de Laan naam gemaak, waarna sy in teaterstukke soos Nag, Ma en Die vagina monoloë te sien was.

Verfilming vir Die laaste tango begin op 26 November en duur tot 16 Desember. Die fliek word op Loxton in die Noord-Kaap en in Kaapstad geskiet.

Louw speel die rol van Ella Winter, ’n kankerpasiënt. Die manlike hoofrol word vertolk deur Louw Venter, met Marius Weyers, Stian Bam, Rob van Vuuren en Ilse Oppelt wat ook deel is van die rolverdeling.

“Dit was nie ’n vereiste vir my rol as kankerlyer om my hare af te skeer nie, maar ek wil die rol so oortuigend moontlik vertolk,” sê Louw.

Sy sê dis ook interessant om mense se reaksie op straat te sien. “Mense sal kyk en dan wegkyk. Dis asof ek gestremd is. Ek dink dis baie keer ’n geval dat hulle deur die waarheid gekonfronteer word.”

Volgens Louw is die storielyn “tipies Deon Meyer”.

“Daar is spanning en romanse, ’n bietjie van alles. Dis egter glad nie neerdrukkend of swaar nie.”

Louw sê sy was baie benoud voordat sy met die skêr ingeklim het.

“Jou hare is ’n baie persoonlike ding. Dis nie net deel van jou identiteit nie, maar daar is ook baie vroulikheid daarin.”

Tog is dit ook ’n baie bevrydende gevoel.

Sal sy weer haar hare laat groei?

“Ja, maar eers later, vir eers geniet ek dit te veel. En ek spaar op sjampoe.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
9 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C Partly sunny. Mild. Pta: 10-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 10-19°C Sunny. Mild. Bfn: 6-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Project Estimator

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Qualified CA

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering

Assistant Director

Sandton
Communicate Cape Town Engineering
R750000 - R1000000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.