Antonie Roux se lewe met ’n tikkie Franse flair gevier

2012-07-28 23:57

“Pionier, innoveerder, energie-bal, leier, kollega, vriend.”

Dít was gister die beskrywende woorde onder ’n foto van ’n laggende Antonie Roux (54) voor in die oudito­rium van die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum (Kiks).

Sowat 350 kollegas, familielede en vriende het die lewe van dié ontslape hoof van MIH en Naspers se internet-bedrywighede met ’n tikkie Franse flair gevier.

Roux, wat tien jaar lank moedig ’n stryd teen pankreaskanker gevoer het, is in Junie in Heidelberg, Duitsland, ná ’n operasie oorlede.

Sy laaste Facebook-inskrywing voor die operasie lui: “Ek voel die liefde van God, my vrou, kinders, familie en vriende dra my deur.”

Roux se gunstelingmusiek, Michael Bublé wat Frank Sinatra-liedjies sing, is tydens die informele seremonie gehoor.

Daar was deernisvolle toesprake en ’n kort video oor Roux se lewe met verwysings na sy Franse Hugenote-stamlyn.

En uit die impromptu insette van vriende kon mens ’n aansteeklike energie in die gehoor ervaar.

Hierdie “energie” het Koos Bekker, uitvoerende hoof van Naspers, later in ’n gesprek met Rapport vasgepen in die konsepte van “oop gemoed, jonkheid en ’n varsheid van gees”.

“Dit was Antonie in sy werk – uitdagend, met ’n oop gemoed, die onbekende wêreld in.”

Bekker sê Roux was ’n energie-bal tussen ’n groot span mense.

Hy het as junior tegnikus begin en uitgestyg, gevorm deur tegnologie.

Ton Vosloo, nie-uitvoerende voorsitter van Naspers se direksie, het Roux as “’n warrelwind, ’n tsoenami en ’n getemperde spiraal-spring” beskryf.

Hy het van ’n junior tegnikus in die 1980’s groot hoogtes by M-Net en MWeb in die digitale veld bereik.

“Nou is hy tussen die sterre, soek hy nuwe geleenthede ... Ons salueer jou, Antonie. Dankie.”

Roux se vrou, Sonja, of Sonnetjie soos Roux haar genoem het, het namens haar en die kinders, André, Petronel en Marté, ’n kort bedanking gelewer en gesê dit was ’n “ongelooflike ondervinding”.

“Ja, ons het gedink Antonie is van die hemel. Hy het ’n baie besige werklewe gehad, maar dit was tussen sy vriende.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Kadesh Barnea sê... Politiek is seker die mens se vuilste en mees korrupte spel, wat die ganse mensdom die meeste skade ooit nog berokken het. As ons van party-politiek kan ontslae raak en mense in regeringsposte aanstel suiwer op meriete, sal hierdie land blom soos geen ander ter wereld nie. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C Sunny. Mild. Pta: 12-23°C Mostly sunny. Mild.
Jhb: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 4-22°C Sunny. Mild.
Dbn: 17-24°C Haze. Mild. PE: 13-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.