Artikel in Time lei tot moord op Verwoerd

2011-05-28 22:36

Mev. Joan Leonhardt met die Augustus 1966-uitgawe van Time met dr. H.F. Verwoerd op die voorblad. Demetrio Tsafendas het Verwoerd vermoor nadat hy die tydskrif by haar man, die joernalis Carel Leonhardt, geleen het. Foto: Theodore Jephta

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

’n Klinkklare aanduiding dat Demetrio Tsafendas ’n uiters kritiese artikel in die nuustydskrif Time oor dr. Hendrik Verwoerd gelees het voordat hy hom met ’n dolk in die Volksraad doodgesteek het, het hierdie week aan die lig gekom.

Diegene wat die omstrede gegewens rondom dr. Verwoerd se dood op 6 September 1966 probeer uitpluis, spook al jare met en bespiegel al lank oor die impak van die artikel, wat Time se voorbladondersoek uitgemaak het vir die uitgawe van 26 Augustus 1966, slegs 11 dae voor die moord op Verwoerd.

So het wyle mnr. Jaap Marais, jare lange leier van die HNP, in vele van sy lesings oor die Verwoerd-moord die retoriese vraag gestel of die Time-uitgawe aanleidend tot die moord kon wees.

Daar was ’n onvleiende uitbeelding van die premier op die voorblad en skerp bewoorde kritiek, veral vir dié tydgleuf, op die Verwoerd-regering in die teks.

Gegewe Tsafendas se sielsieke toestand sal mens nooit regtig weet wat sy lont laat ontbrand het nie, maar hy het beslis die artikel gelees. Mev. Joan Leonhardt van Bloemfontein het steeds die kopie van die tydskrif wat die parlementêre bode Tsafendas self in 1966 gelees het.

Haar man, die bekroonde radio-joernalis Carel Leonhardt, was destyds deel van die SAUK se radiospan, en sy het vandeesweek aan Rapport die verhaal vertel soos sy dit van haar man verneem het. Tsafendas was een van die bodes wat na die joernaliste se behoeftes moes omsien, soos om die kantore netjies te hou.

Die spesifieke uitgawe van Time het in daardie week op die koffietafel van die SAUK se kantoor gelê.

Tsafendas het gevra of hy dit kan leen, want hy wou die artikel lees. Die manne van die SAUK het ingestem, en hy het die tydskrif huis toe geneem.

Toe Tsafendas dit later terugbesorg, het Leonhardt dit huis toe geneem.

Lees mens vandag die gewraakte artikel van ses bladsye, blyk dit nie juis skreiende kritiek te wees nie. Maar in die konteks van die tyd was die kritiese ingesteldheid daarvan vir baie Suid-Afrikaners ongewoon, en vir ondersteuners van apartheid ’n skok.

Dit was in die tyd voordat Suid-Afrika die muishond van die wêreld was, met min Afrikastate onafhanklik, met segregasie as beleid in dele van die VSA en die “wit Australië”-idee steeds van krag.

’n Aspek van die artikel wat Tsafendas erg sou kon ontstel, is ’n kort vertelling van hoe ’n Griekssprekende Ciprioot gesukkel het om die land as blanke in te kom. Die son het hom tydens die skeepsreis na Suid-Afrika donkerder gebrand.

Daarby was daar opruiende onderskrifte by foto’s, waar woorde buite konteks uit die artikel gebruik word, soos “Malheid kweek malheid” by ’n foto van die destydse minister John Vorster – woorde wat in die artikel nie na hom verwys nie.

Toe hy besef dis Tsafendas wat Verwoerd vermoor het, het Leonhardt die Time-uitgawe bewaar, wetende dat die hande wat die dolk gehou het, ook dié tydskrifblaaie omgeblaai het.

Hy het dit aan sy vrou gegee om te bewaar.

Lees Rapport se kommentaar beleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
27 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 15-20°C Mostly sunny. Mild. Pta: 11-25°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 11-19°C Showers late. More sun than clouds. Mild. Bfn: 11-19°C Heavy rain. Morning clouds. Mild.
Dbn: 16-22°C Numerous showers. Mostly cloudy. Cool. PE: 13-16°C Heavy rain. Mostly cloudy. Cool.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Escape winter, head to Mauritius

Escape winter by spending 7 nights in Mauritius' tropical bliss from R13 215 per person sharing. Includes return flights, airport transfers and accommodation.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Gewilde nuwe flieks

Frozen, The Hobbit: The Desolation of Smaug, Thor: The Dark World, Leon Schuster: Schuks! Your Country Needs You en nog baie meer. Koop nou!

25% afslag op topverkoperboeke!

The Real Meal Revolution van Tim Noakes, Jeffrey Archer se Be Careful What You Wish For, Man’s Search for Meaning van Victor E. Frankl en nog baie meer titels. Koop nou!

Baie eiers in een mandjie!

Speletjie-pakkette: 2 Super Hits-speletjies vir R99, 3 Disney-speletjies vir R99 en nog meer + eksklusiewe pakkette vir toebehore – slegs beskikbaar op kalahari.com. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 30% afslag op toestelle & huisware

Bespaar tot 30% op toestelle en huisware dié Paasfees. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Storieman Omnibus 6

Storieman 6 van Leon Rousseau. Beskikbaar 30 April. Plaas jou voorafbestelling nou!

gobii se 7” Kleur LCD e-leser nou R399

Kry kalahari.com se topverkoperproduk vir slegs R399 en kry gratis e-boekkoopbewyse ter waarde van R120. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!