BSB-man is betaal om 2 te vang

2012-10-13 23:19

Harry Bawden, wat deesdae bande het met pres. Jacob Zuma en R500?000 betaal is om Boeremag-beskuldigdes in ’n lokval te lei en vas te trek, verskyn op hierdie foto in 1989 in die hof in Harare, Zimbabwe. Hy is ’n vonnis van 40 jaar opgelê nadat hy AN

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die polisie se misdaadintelligensie-eenheid (MIE) het ’n veroordeelde apartheid-saboteur bykans R500 000 betaal om twee ontsnapte Boeremag-beskuldigdes in ’n lokval te lei en vas te trek.

Barry Bawden was lid van die Burgerlike Samewerkingsburo (BSB).

Hy het die afgelope week erken hy het ’n “persoonlike verhouding” met pres. Jacob Zuma.

Bawden en BSB-lede het in die 1980’s ’n terreurveldtog in Zimbabwe van stapel gestuur.

Hy en sy makkers is in 1988 in Zimbabwe in hegtenis geneem en van sabotasie aangekla.

Sy broer, Kit Bawden, was die leier van die moordbende, maar het na Suid-Afrika gevlug.

Hy is tot 40 jaar tronkstraf gevonnis, maar is in 1999 vrygelaat nadat pres. Robert Mugabe ingegryp het.

Hy het ná sy vrylating na Suid-Afrika gekom.

Bawden se rol in die Boeremag-sage word blootgelê in beëdigde verklarings wat ’n groepie gewese polisielede gemaak het oor hoe die polisie se MIE glo bewyse op Boeremag-beskuldigdes geplant het.

Hul advokaat het bevestig Bawden se naam word in die verklarings genoem.

Rapport het verlede week berig oor die beëdigde verklaring van kapt. Deon Loots, wat onder meer beweer die polisie het onwettig geluister na gesprekke tussen Boeremaglede en hul regspanne.

As dit waar is, kan die Boeremag-verhoor ongeldig verklaar word en 20 Boeremaglede, wat in Julie en Augustus aan hoogverraad skuldig bevind is, sal óf herverhoor word óf selfs vrygelaat word.

Loots verwys in sy verklaring na die beweerde rol van Bawden. Hoewel hy nie Bawden se naam noem nie, het Rapport onafhanklik vasgestel dat die agent provocateur waarna hy verwys wel dié oud-Zimbabwiër is.

Bawden is glo R450 000 betaal om die polisie te help om die twee ontsnapte Boeremag-beskuldigdes vas te trek.

Hy het die afgelope week ontken dat hy ooit ’n polisie-agent was, maar erken hy ken Zuma.

Paul Kruger, ’n Pretoriase prokureur wat namens 13 Boeremaglede optree, het die afgelope week gesê Bawden het twee ontmoetings met Zuma vir hom gereël.

“Bawden het sonder twyfel toegang tot Zuma,” sê Kruger. “Hoe weet ek nie, maar glo my, hy het.”

Bawden het die eerste keer in 2004 ’n ontmoeting tussen Kruger en Zuma, toe nog adjunkpresident, gereël. Kruger het vir Zuma gesê die polisie plant bewyse op die Boeremag-beskuldigdes en luister waarskynlik onwettig mee na gesprekke tussen hom en sy kliënte.

“Zuma het geluister en was simpatiek, maar kon niks doen nie,” sê Kruger.

Hy het in 2007 weer vir Bawden genader om ’n ontmoeting met Zuma te reël, dié keer omdat die weermag gedreig het om drie soldate wat beskuldigdes in die Boeremag-verhoor was se salarisse op te skort.

Kruger het Zuma by sy huis in Johannesburg ontmoet waar hy beloof het om aandag aan die saak te gee. Die weermag het daarna voortgegaan om hul salarisse te betaal.

Kruger sê hy weet reeds geruime tyd dat Bawden ’n agent en ’n lid van die voormalige BSB was.

Die polisie het die afgelope week steeds geweier om kommentaar te lewer op Rapport se onthullings.

Die presidensie het nie reageer op versoeke vir kommentaar nie.

***

Barry Bawden het die afgelope week gesê hy tree namens van die Boeremaglede op in sy gesprekke met Zuma. Een van hulle, sê Bawden, is Herman van Rooyen.

Van Rooyen is in Augustus aan hoogverraad skuldig bevind.

Hy was die Boeremag se militêre leier in Limpopo en was betrokke by ’n reeks bomontploffings. Hy wou ook oudpres. Nelson Mandela vermoor.

Van Rooyen en Rudi Gouws, ’n medebeskuldigde, het in 2006 uit aanhouding ontsnap.

Dié twee het nege maande lank op ’n plaas naby Bela-Bela in Limpopo weggekruip.

Kapt. Deon Loots sê die polisie het ’n maand lank geweet waar die voortvlugtiges skuil danksy ’n lokvink – niemand anders nie as Bawden – wat daarna R450 000 vir sy bydrae ontvang het.

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
48 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 14-18°C Sunny. Mild. Pta: 4-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 6-17°C Sunny. Mild. Bfn: 4-22°C Sunny. Mild.
Dbn: 14-25°C Morning clouds. Mild. PE: 14-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Operations Manager

Harbour
Purple Door Recruitment (Pty) Ltd
R9 000 - R11 000 Per Month

Digital Publishing Specialist

Hatfield

R15 000 - R25 000 Per Month

Ontvangs Dame

Pretoria
New East Consulting Services (Pty) Ltd
R10 000 - R28 000 Per Month

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Tablet Asus Nexus 7'' 3G met 32GB nou R1 999

Kry die Nexus 7”-tablet met Wifi & 3G vir slegs R1 999 en bespaar R500! Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Plaas ’n voorafbestelling vir die Xbox One

Die vermaaksentrum wat jou alles-in-een bied – regstreekse TV, flieks, sosiale netwerke en speletjies. Plaas jou voorafbestelling nou!

Tot 50% afslag op haarsorgprodukte!

Bespaar tot 50% op professionele haarsorgprodukte by kalahari.com. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe e-boeke beskikbaar!

Maak jou gereed vir ’n lekker leeservaring wat e-boeke insluit soos Good Morning, Mr Mandela; Laaste dans, Drienie; Die brug na Haven en nog baie meer. Koop nou!

Hisense Infinity Prime-slimfoon

Bespaar R1 000 op die Hisense Infinity Prime 1-slimfoon. Nou R1 999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Soos gesien op TV – Nuwe gobii-slimfone vanaf R999!

’n Kamera aan die voor- en agterkant, tweeledige SIM-verrigting en 200MB se GRATIS Cell C-data elke maand vir 12 maande, is maar net ’n paar van die eienskappe van dié slimfone. Kry joune nou! Koop hier.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!