Balju lê besoek af by Malema

2012-10-07 00:21

Die balju van die hooggeregshof het eergister by die huis van ­Julius Malema in Florapark in Polokwane aangeklop om ’n inventaris van sy eiendomme en bates op te stel.

City Press, susterkoerant van Rapport, het vertroulik verneem dié besoek kom kort nadat die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) ’n vonnis van R16?miljoen teen dié uitgeskopte ANC-jeugleier bekom het weens onbetaalde belasting, boetes en rente.

Die vonnis is nie verwant aan die aanklagte van geldwassery teen Malema nie.

Die SAID lê beslag op belastingbetalers se bates wanneer hulle versuim om belasting te betaal of nie al hul inkomste verklaar nie.

Nicqui Galaktiou, Malema se prokureur, was onbewus van die balju se besoek, maar ’n lid van die ANC in Limpopo se provinsiale uitvoerende komitee het dit bevestig.

“Malema was self nie daar nie. Hulle was bykans ’n uur in sy huis.”

Hoewel die balju op geen van sy besittings beslag gelê het nie, word Malema verbied om enigiets te verkoop wat op die inventaris verskyn. “Hy mag nog in sy bed slaap,” sê ’n ander bron.

* City Press het verneem ­Malema sal nou met die SAID oor die vonnis van R16 miljoen onderhandel.

Adrian Lackay, SAID-woordvoerder, het geweier om kommentaar te lewer.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
19 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 3-17°C Sunny. Mild.
Jhb: 2-13°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Cool.
Dbn: 9-25°C Sunny. Mild. PE: 12-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.