Bam onttrek sodat sy glo borste kan vergroot

2012-07-09 07:50

Melinda Bam, Mej. Suid-Afrika, staan gister tussen die modelle Katherine McInnes en ­Zama Magwaza op Greyville, Durban, by die Vodacom Durban July-wedren. Foto: Mariola Biela

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Melinda Bam, Mej. SA, spog dalk een van die dae met groter borste.

Die kosmetiese operasie is glo die rede waarom Bam (23) verlede week skielik aan die Mej. Wêreld-kompetisie onttrek het.

Bam en haar woordvoerders het toe gesê sy onttrek om “persoon­like redes” en wou geen woord verder rep nie.

Die skoonheidskoningin het glo al ’n voorste plastiese chirurg oor ’n borsvergroting genader.

Sy het die saak ook met haar voorgangers, Cindy Nell en Nicole Flint, bespreek.

Met ’n groter bra-grootte het die 1,7 m lange skoonheid dalk ’n groter kans om in Desember as Mej. Heelal gekroon te word.

Die Amerikaanse magnaat ­Donald Trump besit dié skoonheidskompetisie en dit word as sexier as Mej. Wêreld beskou.

’n Bron na aan die Mej. SA-kompetisie het die nuus oor die beplande operasie uitgelap.

“Sun International gee haar genoeg tyd om die chirurgie te laat doen sodat sy die hele pakket het vir die skoonheidskompetisie in Desember. Haar ouers betaal vir die operasie.”

Bam het dit eers ontken: “Wat? Ek? Nee, nie ek nie!”

Later het sy teruggekrabbel: “As jou bronne Cindy Nell en Nicole Flint is, dan ja.

“Ek het gesê ek wil graag my borste vergroot, maar ek het nooit gesê ek gaan dit doen nie. Medies gesproke kan ek nie. En my pa sal nie daarvoor betaal nie, hy betaal klaar vir my suster se troue.”

Toe Bam haar verlede week aan die Mej. Wêreld-kompetisie onttrek het, is selfs bespiegel dat dié stap met kaalfoto’s te doen het.

Sue Klerck, woordvoerder van Sun International, het dié gerugte as “belaglik” afgemaak.

Die gerugte raak al hoe erger, sê Bam die afgelope week.

“Dit raak nou lagwekkend. Ek het nog nooit vir kaalfoto’s geposeer nie.”

Bam se eerste prinses, Remona Moodley, neem in haar plek aan die Mej. Wêreld-kompetisie deel.

As Bam wel haar borste laat vergroot sal sy nie die eerste skoonheidskoningin wees wat dit doen nie.

In 1983 het Debra Maffett, Mej. Amerika, ’n skandaal ontketen toe sy erken het sy het plastiese chirurgie aan haar neus en borste gehad.

Juliana Borges, die Brasiliaanse skoonheid wat in 2001 aan die Mej. Heelal deelgeneem het, het 19 plastiese chirurgiese prosedures ondergaan.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 13-21°C High level clouds. Mild. Pta: 13-24°C Mostly sunny. Mild.
Jhb: 11-18°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 5-22°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 17-24°C Haze. Mild. PE: 12-20°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Accountant

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Cost Accountant

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Investment Associate

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.