Bank in ras-twis oor rentekoers

2013-02-02 23:26

Swart en bruin mense wat destyds huisverbande by Saambou Bank uitgeneem het en nou verbandhouers by Eerste Nasionale Bank (ENB) is, betaal hoër rentekoerse op hul huislenings as wit kliënte.

Dié skokbevinding dat Saambou teen swart verbandhouers gediskrimineer het, is vervat in ’n aktuariële verslag wat in Januarie by die hooggeregshof in Pretoria geliasseer is in ’n hofsaak tussen Emerald van Zyl, ’n kosteberekeningskonsultant, en ENB.

ENB het Saambou se verbandboek in Augustus 2002 vir R1 oorgeneem nadat Saambou onder kuratorskap geplaas is.

Die verbandboek het tóé 80 000 verbande ter waarde van sowat R8,6 miljard se uitstaande skuld behels.

Heelwat daarvan is deur swart en bruin staatsamptenare soos onderwysers, polisielede en verpleegsters uitgeneem. Dit is onbekend hoeveel van die huislenings sedertdien afbetaal is, maar Van Zyl meen “minstens die helfte” van die voormalige Saambou-verbandhouers is nog by ENB.

Van Zyl voer aan ENB skuld die voormalige verbandhouers van Saambou minstens R3 miljard vir diskriminerende, foutiewe en onwettige rentekoerse wat op hul verbande gehef is.

ENB het in 2006 reeds R154 miljoen aan Saambou-kliënte uitbetaal weens foutiewe berekenings, maar Van Zyl wat sowat 6 500 verbandhouers verteenwoordig, hou vol ENB skuld baie meer as dit.

“80% van my kliënte is in finan­siële moeilikheid. Hulle kan die hofsaak nie self verder voer nie,” het Van Zyl aan Rapport gesê.

Hy betaal die regskoste en ander uitgawes in ruil vir ’n persentasie van die geld wat ENB aan verbandhouers terugbetaal, sou dié bankreus die hofsaak verloor.

Die hofgeding teen ENB word op 6 Mei in die hooggeregshof in Pretoria hervat.

Die plofbare verslag van Munro Consulting Actuaries, waarin bevind is Saambou het rentekoerse op grond van ras vasgestel, sal dan voor die hof dien.

Hoewel die “diskriminasie” onder Saambou begin het, het ENB die praktyk onveranderd gelaat nadat hulle die verbandboek oorgeneem het, sê Van Zyl.

Munro het 77 134 van die 80 000 Saambou-verbande ontleed wat destyds deur ENB oorgeneem is en bevind die 32 210 swart, bruin en In­diër-verbandhouers het deurlopend hoër rentekoerse as hul wit eweknieë betaal:

* wit kliënte met groot verbande het gemiddeld 1,1% onder die prima uitleenkoers betaal, terwyl swart en bruin kliënte sowat 0,45% onder prima betaal het;
* wit kliënte met ’n me­dium-grootte verband het gemiddeld 0,1% onder die prima uitleenkoers betaal, terwyl swart en bruin mense 1% meer as prima betaal het; en
* wit kliënte met ’n klein verband het gemiddeld 0,75% meer as die prima uitleenkoers betaal, terwyl swart en bruin mense gemiddeld minstens 2% meer as prima betaal het.

Bogenoemde patroon het hom herhaal ook waar die soort produk en soort verband (hoë of lae koste) in ag geneem is. In ’n kleiner steekproef is selfs bevind “swart en bruin kliënte betaal hoër rente as wit ­kliënte in dieselfde woonbuurt”.

Munro voer aan ’n logiese gevolgtrekking is: “Saambou het ras as maatstaf gebruik om te bepaal watter rentekoerse gehef moet word.”

ENB het by navraag aangevoer die Munro-verslag is “vergesog” en op onvoldoende inligting en vals aannames geskoei.

Kapt. Paul Ramaloko, Valke-woordvoerder, het bevestig dié elite-eenheid ondersoek bewerings dat die Woekerwet oortree is. “Verskeie verklarings is afgelê en ons is nou op die punt waar sekere individue daarop sal moet antwoord.”

ENB het gesê die bank gee sy volle samewerking, maar beskou dit as “vals” bewerings.

Dit is sommer bog, sê ENB

“Vergesog” en “prulwerk” geskoei op onvoldoende data en vals aannames.

Dít is hoe Eerste Nasionale Bank (ENB) die bevindings van Munro Consulting Actuaries dat Saambou ras as maatstaf gebruik het om sy rentekoerse op huisverbande te bepaal, by navraag beskryf het.

ENB het in ’n sterk bewoorde verklaring aan Rapport gesê die aantygings van rassisme teen Saambou Bank en gevolglik ENB, is “roekeloos” en “sonder meriete”. Volgens ENB sal die hooggeregshof in Pretoria teen 6?Mei oor die kwessie beslis.

“Die Munro-verslag is in opdrag van Emerald van Zyl opgestel met ’n spesifieke doel en uitkoms voor oë.

“Dit is ’n vergesogte en slordige ontleding van onvoldoende data wat op verskeie vals aannames berus.

“Die gevolgtrekkings in die Munro-verslag is gegrond op ’n ontleding van kliënte se ras wat deur Van Zyl aan Munro voorsien is,” het ENB gesê.

ENB het voorts aangevoer dié bank en talle ander “owerhede” het Saambou ondersoek “en daar was nooit enige aanduiding dat Saambou ras as ’n maatstaf gebruik het om rentekoerse te bepaal nie”.

“Saambou was tot 2002 nog ’n gereguleerde bank en aan omvattende ondersoeke onderhewig.

“Die maatstaf waarvolgens Saambou rentekoerse vir kliënte bepaal het, was alleenlik geskoei op die waarde van die verband en die eiendom, die kliënt se risiko-profiel en die ratio waarteen dit terugbetaal is.

“ENB sien uit na ’n onpartydige uitkoms in die hof en om finaliteit te kry ná verskeie bewerings teen Saambou se verbandboek.”


Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
21 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 15-23°C High level clouds. Mild. Pta: 11-26°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 9-22°C Sunny. Mild. Bfn: 9-28°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 12-26°C Morning clouds. Mild. PE: 12-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Graphic designer/Wed designer

Gauteng
Spear Labels
R8 000 - R15 000 Per Month

Afrikaans Individual needed ASAP

Gauteng
New East Consulting Services (Pty) Ltd
R5 500 - R28 000 Per Month

Afrikaans Receptionist needed Immediately

Gauteng
New East Consulting Services (Pty) Ltd
R6 000 - R15 000 Per Month

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kamptoerusting!

Ons het al die kamptoerusting wat jy nodig het teen pryse wat jou kop sal wegblaas. Gaan loer nou daarna!

Wees voorbereid vir Nasionale Braaidag!

Dit is nooit te vroeg om te begin voorberei vir Braaidag nie. Tref voorbereidings met al ons ongelooflike braai-gereedskap. Koop nou!

Koop 3 boeke & betaal vir 2

Die goedkoopste van die 3 boeke sal gratis wees. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Bepalings en voorwaardes geld. Koop nou!

Winskopie van die week!

Hisense se 40” ten volle HD LED-televisie nou R3999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Winskopie van die week!

Hisense se 40” ten volle HD LED-televisie nou R3999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!