‘Bees was nié in ontkleeklub’

2010-09-04 23:05

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die tergende raaisel rondom die moordsaak teen die Blou Bul-stut Bees Roux het gister verder verdiep.

Daar is nog baie vrae oor wat presies die aand van die dood van sers. Johannes Mogale (38) van die Tshwane-metropolisie gebeur het – en ook oor Roux se bewegings dié aand.

Mnr. James Adams, Roux se agent, het teenoor Rapport ontken dat Roux voor die voorval verlede Vrydag in die ontkleeklub Flamingo’s gekuier het, soos vroeër berig is.

Mnr. Pieter Crous, eienaar van Flamingo’s, het dit ook ontken. Hy het aan Rapport gesê verskeie mense het nou al die beeldmateriaal van die klub se veiligheidskameras bestudeer.

“Hy is nie op die beeldmateriaal nie. Die enigste manier waarop hy kon inkom sonder dat hy op die beeldmateriaal is, is as hy deur die dak geval het.”

Volgens Crous het ’n danseres wel gesê sy het “iemand wat soos Bees lyk” gesien, maar dié man het tatoeëermerke wat Roux nie het nie.

Die polisie moet ook nog ondersoek wie na bewering Roux se kredietkaart by ’n McDonald’s-restaurant gebruik het terwyl hy in die polisieselle was.

Sers. Patrick Mafanele van die ondersoekspan het die afgelope week in die Pretoriase landdroshof getuig luidens verklarings in die Roux-dossier is hy in Hatfield, Pretoria, afgetrek omdat hy vermoedelik dronk bestuur het. Mafanele het egter toegegee dat geen bloedtoetse óf blaaspypietoetse op Roux gedoen is nie.

Die hof het gehoor Roux het tydens die beweerde aanranding op Mogale vir omstanders geskree hulle moet die polisie bel. Roux beweer hy was die slagoffer van diefstal of roof en het uit selfverdediging opgetree.

Mogale het op die toneel aan sy wonde beswyk en die polisie het Roux kort daarna op die toneel gearresteer. Roux is na die Sunnyside-polisiekantoor geneem en die naweek daar aangehou, maar steeds is geen bloedtoetse gedoen nie.

“Luidens die getuienis is geen toetse gedoen nie omdat die SAPD nie geweet het daar is ’n bewering van dronkbestuur nie,” het brig. Mahlomola Man­gan­ye, bevelvoerder van die polisiekantoor, aan Rapport gesê.

Mnr. Console Tleane het namens die Tshwane-metropolisie gesê die “hof is in die beste posisie om te besluit waarom daar geen toetse gedoen is nie”.

Hy het gesê ’n gebrek aan bloedtoetse beteken nie daar is geen bewyse teen Roux met betrekking tot die dronkbestuurklag nie. Hooflanddros Desmond Nair het nog ’n leemte in die voorlopige feite uitgelig deur te sê die twee ander metropolisie­beamptes wat Roux saam met Mogale afgetrek het, is nog nie ten volle betrek nie.

Mafanele het getuig hy hét die beamptes opgesoek, maar dat hulle nie antwoorde kon verskaf nie omdat hulle glo “niks” gesien het nie.

* Dr. Gwen Ramokgopa, uitvoerende burgemeester van Tshwane, het gister by Mogale se begrafnis by sy huis in die dorpie Shakung in Noordwes gevra dat mense die saak in die howe se hande laat.

Dít nadat dir. Ndumiso Jaca, hoof van proaktiewe polisiëring in die Tshwane-metropolisie, Donderdag tydens die gedenkdiens vir Mogale teen Roux en die media uitgevaar het.

Ds. J. Makole het aan die honderde roubeklaers, onder wie verskeie politieke leiers en minstens 100 metropolisiebeamptes, gesê: “Satan gebruik mense om sy werk te doen, en in dié geval het hy ’n man, Bees, gebruik.”
 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
139 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 16-21°C Mostly sunny. Cool. Pta: 19-28°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild.
Jhb: 17-25°C Numerous showers. Morning clouds. Mild. Bloem: 17-25°C Heavy rain. Mostly cloudy. Mild.
Dbn: 23-27°C Heavy rain. Breaks of sun late. Mild. PE: 18-22°C More sun than clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 TDi Comfortline Dsl 5-dr MY10
2011
R 192,900.00

LAND ROVER

Discovery 3 4.4 V8 HSE 4x4 AT
2006
R 394,995.00

HYUNDAI

i20 1.4 GL 5-dr
2011
R 133,450.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.