Bekende skrywer aangeval

2012-09-21 09:57

“Dit het gevoel soos ’n goedkoop fliek. Dis asof jy nie glo wat jy sien nie.”

So het die bekroonde skrywer Chris Barnard (73) die aanval op hom in sy opstal op die familieplaas Thuli naby Mataffin in die Nelspruit-omgewing beskryf.

Hy het byna 12 uur lank aan ’n stoel vasgemaak op die vloer gelê voordat hy bevry is.

Barnard is Dinsdag omstreeks 19:30 in die huis oorval terwyl hy TV gekyk het.

Die vier gemaskerde en gewapende rowers het ’n klein ruitjie van ’n houtraamvenster uitgehaal.

Hulle het toe die diefwering afgebreek en deur die venster geklim.

“Die nuus en weervoorspelling op kykNET was net klaar toe daar twee mans met rewolwers voor my staan,” het hy gister vertel.

Hulle het sy hande met draad vasgebind.

“Eers toe ek nog twee mans agter die voorstes sien, het ek geweet hierdie is nie ’n goedkoop fliek nie.”

Hoewel hy in ’n stadium in die gesig geslaan is, het hy net ligte beserings in die rooftog opgedoen.

Donkerblou skaafmerke om sy gewrigte wys waar die stuk draad hom gekneus het.

Sy bene is met een van sy eie hemde vasgebind.

Een rower het hom aangehou terwyl die ander drie die hele opstal byna twee uur lank omgedop het op soek na goed om te steel.

Hulle het selfs R150 wat in Barnard se broeksak was, gevat.

Verskeie huishoudelike items en kos is gesteel en op Barnard se rooi Isuzu-bakkie gelaai.

Daaronder is sy rekenaar waarop baie van sy draaiboeke en ander skryfwerk was, asook ’n brandkluis met twee vuurwapens daarin.

Die rowers het die kluis uit die muur gebreek.

Selfs Barnard se dubbelbed is gesteel.

Om een of ander rede het die rowers die bed egter by die plaashek afgegooi toe hulle gevlug het.

Voordat hulle gevlug het, het hulle Barnard se arms en polse met skoenveters en plastiekkabels aan die stoel waarop hy gesit het, vasgemaak.

Sy bene is aan die stoelpote vasgemaak.

Nadat die rowers weg is, het hy homself probeer bevry.

In die gestoei het die stoel se rugleuning selfs gebreek. Hy het die stoel later omgekantel om te probeer loskom.

“Toe lê ek maar so op die grond en wag vir my werkers om op te daag.”

Toe dit lig word, het hy om hulp begin roep en het drie van sy werkers hom bevry.

Die polisie en paramedici is ontbied.

Hy is op die plaas behandel, maar het geweier om hospitaal toe geneem te word.

Barnard se vrou, Katinka Heyns, was nie ten tyde van die aanval op die plaas nie.

Sy vier vandag haar 65ste verjaardag.

Barnard, as skrywer, en Heyns, as regisseur, is tans weer in die nuus weens die sukses van Die Wonderwerker, ’n rolprent oor Eugène Marais.

Kol. Gerrie Agenbag, speurtakbevelvoerder, het gesê ’n taakspan is aangestel om die aanval op Barnard te ondersoek.

Hy het enigiemand met inligting oor die aanval of die gesteelde bakkie, met die registrasienommer DBZ 231 MP, gevra om hom by 082-556-5308 te kontak.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Fanie Gouws sê... Wyle Dr Louw was rolmodel met positiewe invloed vir my geslag. Dankbaar vir sy lewe en bydraes om die wereld 'n beter plek te maak. Hy sal voortleef in ons harte en gedagtes. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 17-23°C Sunny. Mild. Pta: 9-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-16°C Morning clouds. Cool. Bfn: 7-20°C Morning clouds. Mild.
Dbn: 15-25°C Sunny. Mild. PE: 14-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.