‘Bekyk geweld in tienerverhoudings’

2010-08-21 22:06

Geweld in tienerverhoudings is ’n “groot probleem” in Suid-Afrika en verg meer aandag.

So sê prof. Rachel Jewkes van die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad (MNR) wat al 15 jaar lank hieroor skryf.

“In die algemeen gryp skole nie in nie, buiten vir die lewensvaardighede-kurrikulum.”

Sy sê volgens ’n nasionale meningspeiling onder die jeug is sowat 9% van jong meisies reeds fisiek gedwing om seks te hê.

Tienerverhoudingsgeweld (TVG) kan breedweg beskryf word as ’n patroon van mishandeling deur tieners wat in ’n intieme verhouding is. Dit sluit verbale, emosionele, fisieke en seksuele mishandeling in en kan ’n kort- of langtermyn-impak op tieners hê.

TVG kom wêreldwyd voor, maar word grootliks in die VSA op ’n georganiseerde manier bekamp nadat verskeie tienermeisies aan die hand van dié soort mishandeling gesterf het.

In die VSA het ongeveer 1 uit elke 3 (31,5%) seksueel aktiewe meisies in gr. 9 tot gr. 12 erken dat hulle al die slagoffer van fisieke of seksuele geweld was.

Jewkes het in ’n studie, wat in The Lancet gepubliseer is, bevind geslagsongelykheid en verhoudingsgeweld verhoog die risiko van MIV-infeksie onder jong Suid-Afrikaanse vroue.

“Geweld word deur seuns gebruik as ’n manier om die ‘reëls’ van die verhouding aan die meisie op te dwing en word veral vereenselwig met gevalle waar die meisie ’n ‘liefdesverklaring’ teenstaan, ’n verhouding wil beëindig, seks weier of haar kêrel se gedrag binne die verhouding bevraagteken,” sê Jewkes.

binne rapport

Weer
Ksd: 13-20°C Sunny. Mild. Pta: 10-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-17°C Sunny. Mild. Bfn: 7-16°C Sunny. Cool.
Dbn: 17-24°C Rain late. Morning clouds. Mild. PE: 11-19°C Passing showers. Clearing skies. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Escape winter, head to Mauritius

Escape winter by spending 7 nights in Mauritius' tropical bliss from R13 215 per person sharing. Includes return flights, airport transfers and accommodation.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Spesiale aanbiedinge vir Moedersdag!

Bederf Ma met dié ongelooflike spesiale aanbiedinge wat haar hart sal laat vermurwe. Koop nou!

Parfuumwinskopies vir Moedersdag!

Bederf Ma met spesiale parfuumwinskopies en geskenkpakke vir Moedersdag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Oefen sonder dat dit ’n plaas se prys kos

Tot 30% afslag op alle toerusting vir joga, om jou fiksheid te verbeter en jou spiere sterker te maak. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

RYOBI-gereedskap

Gee uiting aan jou innerlike DDS-geesdrif met RYOBI-gereedskap. Koop nou!

Spesiale aanbiedinge vir Moedersdag!

Bederf Ma met dié ongelooflike spesiale aanbiedinge wat haar hart sal laat vermurwe. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!