Belhar: ‘Blankes’ kry geen erkenning

2012-09-29 23:27

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die Belydenis van Belhar “maak nie voorsiening vir die transformasiegebeurtenis waarin die magtige blanke gemeenskap sy mag prysgegee” het nie.

Dit het dalk waarde as ekumeniese verklaring; nie as geloofsbelydenis nie.

Dít is die uitgangspunt in die boek Belhar geweeg wat in die komende week op die Aardklop-kunstefees bekend gestel word.

Die boek bevat die bydraes van 18 prominente teoloë en bekendes van Suid-Afrika, en een teoloog van Amerika.

Hulle sê hulle is gedwing om hul mening in boekvorm te lug weens die “venyn” teen enigiemand wat dit “durf waag om ‘nee’ te sê” vir Belhar as belydenisskrif.

Daar is ’n wanbalans in die openbare debat hieroor, meen hulle.

Die boek se verskyning kom ’n jaar nadat die NG Kerk se algemene sinode gevra het dat Belhar moet deel word van die kerk se belydenisgrondslag.

’n Proses word nou gevolg waarin gemeentes, kerkrade en streeksinodes hul instemming moet gee.

Die algemene sinode se besluit was ’n aanduiding van die koers wat hy meen die NG Kerk moet inslaan.

Daar sal nie van almal verwag word om Belhar te onderskryf nie, al word dit uiteindelik deel van die NG belydenisgrondslag.

Net enkele NG gemeentes het Belhar al deur ’n stemming as belydenisgrondslag aanvaar.

Drs. Kobus Gerber en Braam Hanekom, onderskeidelik sekretaris van die NG Kerk en ondervoorsitter van die moderamen, het aan Rapport bevestig daar word landwyd met gemeentes hieroor gekonsulteer.

Die skrywers van Belhar geweeg, onder wie twee voormalige moderators van die NG Kerk, proff. Piet Strauss en Pieter Potgieter, asook leiers van die Gereformeerde en Hervormde Kerk, prof. Dries du Plooy en dr. Daan van Wyk, sê hul betoë is “die ander kant van die ja-stem” vir Belhar as geloofsbelydenis.

Strauss, wat as woordvoerder vir die groep optree, sê Belhar geweeg sê dis onseker of Belhar al weg tot ’n verenigde kerk is. “Staan dit nie juis in die pad van nouer bande tussen kerke nie? Is Belhar nie net ’n uitgediende, tydgebonde protesskrif nie?”

Volgens Strauss is daar is ’n groeiende groep wat ’n groter balans van “vir” en “teen” in die huidige debat oor Belhar voorstaan.

“Talle kerklidmate verlang ’n behoorlike kritiese evaluering van Belhar. In debatte by die algemene sinode verlede jaar was daar by sommige pro-Belhar-mense skerp emosies wat ’n nugter debat oor die saak belemmer het. Belhar geweeg probeer dié balans herstel. Dis nie ’n georganiseerde aanval op Belhar nie, maar ’n kritiese bespreking.

“Die Kerkorde van die NG Kerk bepaal dat ’n belydenis in ons kerk net aanvaar kan word as twee derdes van kerkrade én elk van die tien streeksinodes dit met ’n tweederde-meerderheid goedkeur.

“Belydenisskrifte gaan om waarhede wat groter steun as gewone besluite vra. Waarhede moet nie net in ’n sekere situasie bely kan word nie, maar in elke tyd en situasie. Belydenisse is waarhede waarin jy gelowiges nie dwing met dreigemente, ultimatums of emosionele druk nie. Belydenisse is nie waarhede wat kort-kort verander nie.

“Belhar is dalk aanvaarbaar as ekumeniese verklaring, maar nie as belydenisskrif nie.”

Prof. John Bolt van die Chris­tian Reformed Church of North America (CRC-NA) – die buitelandse kerk naaste aan die gereformeerde familie van die NG Kerk – skryf Belhar “dring nie langs die weg van berou en vergifnis deur na die kern van versoening nie”.

“Die gevolg is dat ons vasgevang word in die dualisme van onderdrukker en verdrukte, boosdoener en slagoffer, sonder ’n uitweg waardeur ons bo dié kategorieë kan uitstyg. Belhar maak nie voorsiening vir die transformasiegebeurtenis waarin die magtige blanke gemeenskap sy mag prysgegee en die grens oorgesteek het nie.”

Die CRC-NA het pas besluit om Belhar nie as belydenis te aanvaar nie.

***

NG Kerk:

* Dr. Braam Hanekom: “Daar is gemeentelede wat Belhar uit hul eie al aanvaar het, soos die ring van Durbanville met meer as 30 000 lidmate. Niemand word hierin gestoomroller nie. Jy druk nie die spreekwoordelike geweer teen sy kop nie.”

* Dr. Kobus Gerber, skriba van die Belhar-taakspan: “Ons hanteer die gesprekke as geloofsonderskeidend. Gesprekke in sinodes begin in 2013. Dit gaan nie oor ‘vir’ of ‘teen’ nie, maar om te hoor wat die Hoof van Sy Kerk vir ons-in-gesprek met mekaar wil sê.”

Uit Belhar geweeg:

* Prof. Pieter Potgieter: “Die vraag of Belhar op een vlak gestel kan word met die Nederlandse Geloofsbelydenis of Heidelbergse Kategismus en die Dordtse Leerreëls moet bekyk word. In geen omstandighede mag dit tot verdere verdeeldheid of skeuring in die kerk lei nie.”

* Pieter Hurter: “Die hoofdoelwit van Belhar was ’n protesskrif teen apartheid en ’n stok om die NG Kerk mee te slaan. Dit het in ’n polities-religieuse dampkring ontstaan.”

* Prof. Johan Janse van Rensburg:“Wat ontstel, is dat daar aggressiewe propaganda is om ’n ‘ja’-stem te beïnvloed. Die liefdeloosheid waarmee dié wat hulle téén Belhar uitspreek soms behandel word, is pynlik.”

* Prof. Pieter Coertzen: “Dis jammer die NGK het besluit om Belhar op ’n kerkordelike wyse deel van die belydenisgrondslag te maak. Dit kan die indruk wek dat die NGK Belhar ter wille is,
terwyl die NGKA en die RCA nie bereid is om dit te onderskryf nie.”

* Kovilan Moodley, RCA: “Alles wat Belhar ten opsigte van die eenheid van die Liggaam kan bied, word afgetakel deur die einste voorstanders wat daarop aandring dat die kerk Belhar moet aanvaar.”

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Adre Claassens sê... Dis baie mooi werk, maar nou het julle sy loon gesteel, deur dit alles uit te bassuin vir almal om te sien en hom te prys! Vader se, doen jou goeie dade dat jou regterhand nie weet wat jou linkerhand doen nie, dan sal jou loon groot wees, maar, basuin dit uit en jy het jou loon gehad: Mat 6:1 Pas op dat julle nie jul liefdadigheid voor die mense bewys om deur hulle gesien te word nie; anders het julle geen loon by julle Vader wat in die hemele is nie. Mat 6:2 Wanneer jy dan liefdadigheid bewys, moenie ‘n trompet voor jou blaas soos die geveinsdes in die sinagoges en op die strate doen, dat hulle deur die mense geeer kan word nie. Voorwaar Ek se vir julle, hulle het hul loon weg. Mat 6:3 Maar jy, as jy liefdadigheid bewys, laat jou linkerhand nie weet wat jou regterhand doen nie, Mat 6:4 sodat jou liefdadigheid in die verborgene kan wees; en jou Vader wat in die verborgene sien, Hy sal jou in die openbaar vergelde. Sterkte aan die mense wat help daar, dit is 'n bitter stryd, hou moed en bly sterk in jul Skepper se Naam! Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 14-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 9-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Sunny. Mild. Bfn: 5-21°C Mostly sunny. Mild.
Dbn: 13-26°C Sunny. Mild. PE: 16-21°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.