Belhar: 'Daar's niks om oor te praat'

2012-10-07 00:17

Onder die oueres is daar ’n vrees vir verdere verlies.” – Die egpaar ds. Maartje en ds. Zander van der Westhuizen

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Jong NG predikante wat einde vanjaar afstudeer, wil by hul legitimasie daarop aandring om die Belydenis van Belhar as bykomende belydenisskrif te onder­teken.

Prop. Teodor van der Spuy (25), Jeugbediening: Noordelike Sinode, sê om te wag dat die ­hele NG Kerk Belhar goedkeur, gaan lank vat.

“Ek weet van ’n klomp studente wat vanjaar afstudeer wat daarop gaan aandring om Belhar by legitimasie te onderteken.

“Juis daarom wil ek en ’n paar kollegas voor einde vanjaar oor kerkgrense gesprekke voer met jonger leiers in veral die VGK.”

In die huidige gesprekstempo kan amptelike kerkhereniging nog 20 jaar duur, sê hy. Daarvoor sien die jonges nie kans nie.

Volgens Van der Spuy redeneer jong afgestudeerde NG predikante nie meer oor “vir” of “teen” Belhar nie.

“Daar’s niks meer om oor te praat nie. Ons wil aangaan.”

Dae nadat die VGK se algemene sinode in Okahandja, Namibië, sy moratorium op regstreekse gesprekke met die NG Kerk oor kerkeenheid opgehef het, het Rapport by ’n paar jong NG teoloë navraag gedoen oor hul siening oor kerkhereniging en die aandrang van die VGK daarop dat Belhar as voorwaarde vir kerkeenheid aanvaar word.

Deur die bank meen hulle: Belhar is ’n versoeningsgeskrif.

“Die algemene gevoel onder jong dominees is dat hulle geen beswaar oor Belhar het nie,” sê Van der Spuy.

“Dis jammer die VGK klou so aan Belhar as skietgoed teen die NGK. Dis ’n kwessie wat so gou moontlik hanteer moet word.”

Ds. Anriëtte de Ridder (35) van die NGK Stellenberg meen ná die VGK-sinode is hereniging ’n groter moontlikheid.

“Die herenigingsgesprek moet ’n versoeningsreis wees wat wedersydse begrip bevorder.

“Ons is reeds een in Jesus; ons moet dit net begin uitleef! Prakties is daar baie kreatiewe maniere waarop ons eenheid kan uitdruk.

“Die VGK-besluit skep hoop en vertroue en maak nuwe moontlikhede oop. Belhar moenie gebruik word as ultimatum nie; eerder as ’n kompas vir hereniging.”

Ds. Maartje van der Westhuizen (28) van Pretoria sê sy “kom al hoe meer agter daar is dalk ’n verskil in siening tussen die jonger en ouer generasie teoloë en lidmate oor kerkhereniging en Belhar”.

“Onder die oueres is daar ’n vrees vir verdere verlies, van: ‘Wat moet ons nou weer prysgee?’

“Die jonger generasie sien geen emosionele of praktiese obstruksie vir Belhar as belydenisskrif nie. Eerder dat almal op ’n groter vlak hande kan vat.”

Van der Spuy twyfel oor die praktyk van kerkeenheid.

“Ek twyfel sterk of dit gou fisiek gestalte gaan kry. By die onlangse sitting van die noordelike sinode het gesprekke presies soos dié van vier jaar gelede geklink.

“Die proses duur langer as wat ’n jonger generasie dink dit behoort te duur.”

Lees Rapport se kommentaar beleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
80 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 13-20°C Sunny. Mild. Pta: 10-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-17°C Sunny. Mild. Bfn: 7-16°C Sunny. Cool.
Dbn: 17-24°C Rain late. Morning clouds. Mild. PE: 11-19°C Passing showers. Clearing skies. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Escape winter, head to Mauritius

Escape winter by spending 7 nights in Mauritius' tropical bliss from R13 215 per person sharing. Includes return flights, airport transfers and accommodation.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Spesiale aanbiedinge vir Moedersdag!

Bederf Ma met dié ongelooflike spesiale aanbiedinge wat haar hart sal laat vermurwe. Koop nou!

Parfuumwinskopies vir Moedersdag!

Bederf Ma met spesiale parfuumwinskopies en geskenkpakke vir Moedersdag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Oefen sonder dat dit ’n plaas se prys kos

Tot 30% afslag op alle toerusting vir joga, om jou fiksheid te verbeter en jou spiere sterker te maak. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

RYOBI-gereedskap

Gee uiting aan jou innerlike DDS-geesdrif met RYOBI-gereedskap. Koop nou!

Spesiale aanbiedinge vir Moedersdag!

Bederf Ma met dié ongelooflike spesiale aanbiedinge wat haar hart sal laat vermurwe. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!