Bemagtiging: ‘Tronk toe as jy dit omseil’

2012-07-07 23:30

Pres. Jacob Zuma, Helen Zille, DA-leier, en Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, by die beraad in Kliptown.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Grootbase van maatskappye wat nie aan wetgewing oor swart bemagtiging voldoen nie, kan tot tien jaar tronkstraf opgelê word of met tot 10% van hul jaarlikse omset beboet word.

Pres. Jacob Zuma het dit Vrydagaand gesê op ’n glansdinee van die Black Management Forum in Sandton.

Hy het bygevoeg die regering werk aan wetgewing om ekonomiese transformasie te verseker.

Volgens Zuma trek swart mense in Suid-Afrika ná 18 jaar van demokrasie ekonomies steeds aan die kortste ent. Zuma sê die wetgewing gaan magte aan die spesiale ondersoekeenheid gee om transformasie-oortredings in openbare en private maatskappye te ondersoek.

“Voorgestelde strawwe vir enigiemand in maatskappye wat hul swartbemagtigingstatus wan­voorstel, sluit in tronkstraf van tot tien jaar en boetes van tot 10% van daardie maatskappy se jaarlikse omset.”

Mac Maharaj, Zuma se woordvoerder, het gister aan Rapport gesê die vonnis en boete waarna Zuma in sy toespraak verwys het, sal deel wees van die Wysigingswet op Breëbasis- Swart Ekonomiese Bemagtiging (BBSEB) waaraan daar tans nog geskaaf word.

“Dit is gegrond op raad van die presidensiële swartbemagtiging-adviesraad en die doel daarvan is om dade wat rookskerms is vir swart bemagtiging, teen te werk.”

Rapport verneem die wysigingswet dien tans voor die Nasionale Ekonomiese, Ontwikkelings- en Arbeidsraad (Nedlac).

Zuma het ook Woensdag op die beraad oor sosiale kohesie in Soweto gesê die regering se sosiaal-ekonomiese transformasieprogram is ’n sentrale bousteen van nasionale versoening, nasiebou en sosiale kohesie.

Gesprekke oor grondeienaarskap en groter ekonomiese deelname deur swart mense het oorheers op dié beraad, wat deur honderde mense van oor die land bygewoon is.

Joel Net­shitenzhe, ’n lid van ­Zuma se nasionale beplanningskommissie, het gesê sosiale kohesie is net haalbaar as armoede en ongelykheid aangepak word.

“Die regering het ’n belangrike rol om te speel, maar dit sal die deelname van alle sektore vereis. Ons het egter ook leiers nodig wat ongewilde besluite aan hul ondersteuners kan oordra.”

Kwessies soos grondhervorming, ekonomiese ongelykheid, maatskaplike interaksie en diskriminasie is in talle kommissies by die beraad gedebatteer.

In die kommissie oor grondhervorming het Golden Miles Bhudu, ’n aktivis vir die regte van gevangenes, gesê dit is “?’n feit dat swart mense se grond destyds van hulle gesteel is”.

“Ons sit hier met ’n tydbom wat dreig om te ontplof. As ons nie ’n Arabiese Lente oor grond in Suid-Afrika wil sien nie, moet die grondkwessie aandag kry.”

Volgens Thoko Didiza, ’n oudminister, is grond ’n baie emosionele aangeleentheid en ’n nasiebou-beraad is nodig om die geskiedenis “reg te stel”.

Adv. George Bizos, menseregte-aktivis, het gesê dit is hartseer dat regeringsamptenare en politici die Grondwet gebruik om mense oor grondhervorming te mislei.

“Ons bly in ’n grondwetlike demokrasie. Ons gaan nie mekaar help as ons mekaar name soos diewe en grondgrypers noem nie. Om te dreig om die Grondwet te verander vir grondhervorming gaan ons nie help om ’n oplossing te vind nie.”

Volgens Wouter Wessels van die VF+ is grondhervorming inderdaad belangrik.

“Ons maak egter van grondhervorming ’n rassekwessie. Dit is onwaar dat die meeste grond in Suid-Afrika (87%) in wit mense se hande is.

“Daarom is dit noodsaaklik om ’n grondoudit te hê.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
99 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Elsie Wessels sê... Dis mos ons nasionale sport - steel, steel en steel en al die ander dinge. Tussen hakies, BIEBER, welkom in die Banana Republic!!! Toe Rapport, haal nou maar weer my kommentaar af, ek lieg mos. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 16-22°C Sunny. Mild. Pta: 9-21°C Morning clouds. Mild.
Jhb: 8-16°C Afternoon clouds. Cool. Bfn: 7-20°C Morning clouds. Mild.
Dbn: 15-26°C Morning clouds. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.