Beraad oor Afrikaans ‘spierwit’

2012-08-18 23:49

Danie van Wyk sê Afrikaans behoort aan alle Afrikaanssprekendes.| Foto: dieHoorn. co.za

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA) is op die oorlogspad omdat bruin mense glo uitgesluit is van ’n konferensie oor die toekoms van Afrikaans.

Die FAK en die Vereniging van Regslui vir Afrikaans het Dinsdag in Pretoria ’n beraad aangebied “om strategies oor die plek van Afrikaans op vele lewensterreine te besin”. Geen organisasies met ’n fokus op bruin sprekers van die taal is egter uitgenooi nie.

’n Spierwit gehoor van sowat 100 het die konferensiesaal in Garsfontein volgepak.

Danie van Wyk, uitvoerende hoof van die SBA, het die FAK van “laer trek” beskuldig en aan Rapport gesê dit is ’n jammerte ander organisasies in die Afrikaanse gemeenskap is uitgesluit.

“Afrikaans behoort aan álle Afrikaanssprekendes. Die FAK is met sulke konferensies besig om laer te trek.”

Van Wyk het verneem daar is op die FAK-konferensie selfs verwys na die stigting van ’n Afrikaanse stad. “Dit wys net weer daar word terugbeweeg na die mentaliteit waarmee Orania destyds gestig is.”

Op die vraag of organisasies wat bruin Afrikaanssprekers verteenwoordig ook na die konferensie genooi is, het dr. Danie Langner, uitvoerende hoof van die FAK, gesê: “Ons het die SA Akademie, die Afrikaanse Taalraad en die ATKV genooi. Almal was teenwoordig.”

Onderwerpe soos Afrikaans as ideologiese taal- en kultuurbedding, Afrikaans in die burgerlike gemeenskap, wetgewing wat die openbare gebruik van Afrikaans afdwing, Afrikaanse opleiding en Afrikaans in die media is bespreek. Voorts was die nuwe taalwet asook ’n Afrikaanse stad as voorwaarde vir die blywende stabiliteit en groei van Afrikaans op die agenda.

’n Verslag, “Toekoms in eie taal”, wat deur prof. Jaap Steyn en Langner vir die N.P. van Wyk Louw-navorsingsentrum van die FAK opgestel is, is ook bekend gestel.

Luidens dié verslag word Afrikaans bedreig deur die ANC-regering se beleid, soos regstellende aksie, en sy gewoonte om hom met alle vlakke van die samelewing te bemoei. Die verslag voeg by Afrikaans kan nie bekostig om nóg sy bruin sprekers nóg sy wit sprekers te verloor nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
77 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Cyberjerk Ingram sê... BS ek het nog altyd baie respek vir jou sienswyses gehad maar ek dink hierbo het jy die pad byster geraak. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 17-23°C Sunny. Mild. Pta: 9-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-16°C Morning clouds. Cool. Bfn: 6-20°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 14-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Costing Manager

Midrand
Communicate Cape Town IT
R450000 - R500000

Senior Actuarial Specialist

Cape Town Northern Suburbs
Communicate Cape Town IT
Market Related

Senior Management Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town IT
R550000 - R600000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.