Beswaardes eis getrouheid aan Bybel

2011-10-08 23:43

Mnr. Louis le Roux van Benoni besig om van die plakkate teen lamppale naby die sinodesaal op te sit. Foto: Bongiwe Gumede

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die NG Kerk is op ’n “dwaalpad”, meen ’n groep van sowat 50 “bekommerde, besorgde Bybelgetroue NG lidmate” wat beoog om by die NG Kerk se algemene sinode met plakkate te betoog.

Dié sinode begin môre in Boksburg.

Die beswaardes meen die kerk predik toenemend ’n “sosiale teologie” wat méér humanisties as Bybelgetrou is.

Hulle het aan Rapport gesê hulle probeer “om die NG kerkleiers so ver te kry om al die vals leerstellings wat subtiel die kerk ingesypel het, te repudieer”.

Die groepie meen die gesag van die Bybel word toenemend afgebreek.

Van die besware handel oor die ontkenning van die Bybelse skeppingsverhaal, die ontkenning van die sondeval en bestaan van die duiwel, asook die ontkenning van die maagdelike geboorte en die Godheid van Jesus.

Mnr. Danie Louw, ’n chemiese ingenieur van Secunda, sê “teologiestudente word vandag subtiel geleer dat die Bybel nie betroubaar kan wees nie, want die ‘wetenskap’ het die Bybel kwansuis verkeerd bewys”.

“Ek praat van dinge soos Genesis 1, Jesus se wonderwerke, die maagdelike geboorte, sy opstanding, en redding slegs deur Jesus. Baie studente val hiervoor.

“Ons word fundamentaliste genoem en daarvan beskuldig dat ons nie mense ruimte gee om te twyfel nie. Dis heeltemal onwaar.”

Volgens dr. Wynand Louw van Melkbosstrand “is daar dinge wat my in die NG Kerk ontuis laat voel. Kerkbode dra artikels wat teologie verkondig, wat eenvoudig nie die Evangelie is nie”.

“Basiese grondwaarhede word onder verdenking geplaas. Ek wil niks met die sogenaamde bevrydingsteologie te doen hê nie.”

Sommige binne die NG Kerk “stuur Christene reguit hel toe deur gelowe gelyk te stel,” sê mnr. Danie Strydom van Pretoria.

Mev. Anna Louw van Ladybrand sê: “Besorgde lidmate voel die NG Kerk het verraad gepleeg teenoor die Here tydens die parlementêre voorlegging oor die Wet op Burgerlike Verbintenisse.”

Van die groep beswaardes was betrokke by die skryf van die boek Die Trojaanse perd wat die NG Kerk kritiseer oor die koers wat hy inslaan. Hulle noem hulself “die lidmaatforum”.

Dié boek is uit NG Kerk-geledere sterk gekritiseer.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
53 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Wendy sê... Almal wat negatiewe kommentaar lewer,moet miskien verder as die ge-dokterde foto's kyk,en julself die vraag vra. Hoekom het hierdie twee persone vir so n kort tydperk by Fairacres gewerk? Was hul nie miskien afgedank weens wanpraktyke of selfs die mishandeling van die hoenders nie.Hoekom hou hul die foto's vir maande voordat hul reageer. Dit maak hul net so skuldig aan die mishandeling,aangesien hul die bewyse gehad het,en dit van die media weerhou het. Hoeveel hoenders het in hierdie tyd weens hul nalatigheid gevrek.Kyk MOOI na die foto's van die twee henne.Daar is geen teken van mis op enige van hulle nie,maar tog kan n mens skaars die hok uitmaak.Was die twee henne nie miskien deur die klaer in die hok geplaas vir n foto sessie nie.Die mis op die foto van die twee henne het duidelik twee vere daarop, en die mis op die eier voerband met die twee eiers daarop,het ook die twee vere daarop.hoe toevallig is dit? Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 139,995.00

NISSAN

Sabre 160 GX 5-dr
1996
R 40,000.00

TOYOTA

Landcruiser PU 4x4 Dsl
2005
R 225,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.